Kinderkerk Les: 16. Die Bybel – Die Evangelies

16. groot - die evangelies

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

16. Die Evangelies

Hierdie is die sestiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons Die Evangelies in die Nuwe Testament

Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste 16  boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.

Inleiding: Ons begin in hierdie les te gesels oor die boeke in die Nuwe Testament. Die Ou Testament gaan oor die tye voor Jesus gebore is en die Nuwe Testament begin met Jesus se geboorte.  In hierdie les kyk ons na die eerste vier boeke van die Nuwe Testament wat die Evangelies genoem word.

Evangelie beteken “goeie nuus”.  Die Bybelboeke Matteus, Markus, Lukas en Johannes vertel ons van Jesus – die goeie nuus dat Hy aarde toe gekom het om ons te leer van God en om te sterf vir ons sondes.

Aktiwiteit 1:  Dot to dot Jesus het as ‘n babatjie aarde toe gekom.  Ons lees dat Maria en Josef Sy mamma en pappa hier op aarde was.

Aktiwiteit 2:  Vissers van mense: Die kinders vang vissies met strooitjies. Jesus het 12 vriende gekies wat oral saam met Hom gegaan het.  Hulle word Sy 12 dissipels genoem.  Van hulle was vissermanne, maar Jesus het hulle geleer om vissers van mense te wees.  Dit beteken dat Jesus hulle geleer het hoe om ander mense van Hom te vertel.

Aktiwiteit 3:  Voltooi die storie:  Gee vir elke groep ‘n ‘maak die storie klaar’ uitdeelstuk. Hierdie aktiwiteit illustreer aan die kinders dat Jesus met mense deur middel van stories gepraat het, wat die Bybel gelykenisse noem.

Aktiwiteit 4:  Wonderwerke:  Water in wyn illustrasie. Die Evangelies is vol van die wonderwerke wat Jesus gedoen het toe Hy hier op aarde was.

Aktiwiteit 5:  In die graf/uit die graf speletjie: Jesus het wonderlike dinge hier op aarde gedoen, maar eintlik het Hy gekom om aan die kruis vir ons sondes te sterf.

Jesus het na drie dae uit die graf opgestaan.  Daardie graf is leeg.  Hy het na 40 dae opgevaar hemel toe waar Hy besig is om vir al Sy kinders plek reg te maak.  Voor Hy hemel toe is het Hy vir Sy vriende gesê om vir ander te gaan vertel dat die graf leeg is, dat Hy leef en dat hulle in Hom moet glo, maar daaroor sal ons volgende week meer gesels.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

16. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdeling van die Nuwe Testament – Die Evangelies

16. Die Evangelies – Boeke van die Bybel

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s