AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
15. Die Klein Profete Boeke
Hierdie is die vyftiende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. In die vorige les het ons stilgestaan by die Groot Profete boeke, in hierdie les kyk ons kortliks na die Klein Profete boeke in die Ou Testament net om bietjie beter te verstaan waaroor dit gaan. Hierdie les is aangepas uit Ministry to Children.com.
Die vyfde afdeling in die Ou Testament is die Klein Profete. Daar is twaalf boeke in hierdie afdeling: Hoséa, Joël, Amos, Obádja, Jona, Miga, Nahum, Hábakuk, Sefánja, Haggai, Sagaría en Maleági.
Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, met nog vyf boeke van die Ou en al die boeke van die Nuwe Testament by. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.
Groepwerk: Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die Klein Profete boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
15. Die Klein Profete – antwoorde blokraaisel
Lys van Ou Testament boeke nie in volgorde
Ou Testament boeke groeperings
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/