Kinderkerk Les: 15. Die Bybel – Die Klein Profete Boeke

15. klein profete - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

15. Die Klein Profete Boeke

Hierdie is die vyftiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons Die Klein Profete Boeke Afdeling in die Ou Testament.

Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste 16  boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.

In hierdie les hersien ons eers bietjie wat ons die vorige week oor die groot Profete geleer het. Daarna word deur middel van ‘n dun en ‘n dik boek aan die kinders verduidelik dat die klein profete boeke nie minder belangrik as die groot profete is nie, maar dat hulle boeke dunner is. Dis waarom hulle die klein Profete genoem word.

Aktiwiteit 1:  Luister aktiwiteit:  Speel ‘n aantal klanke en laat die kinders kyk of hulle kan raai wat die klanke is.  Wanneer God met ons praat moet ons luister.

Aktiwiteit 2:  ‘n Boodskap:  Laat elke groepie ‘n dinkskrum hou en besluit op ‘n belangrike boodskap wat hulle wil hê die res van die klas moet hoor, voordat hulle vandag huistoe gaan.  Gee vir hulle ongedrukte koerantpapier, gems ens. om ‘n plakkaat as groep te maak, om die boodskap meer treffend te maak.  Elke groep kry dan ‘n kans om voor te gaan staan en die boodskap vir die klas te gee.

Na hierdie aktiwiteit word die kinders gevra hoe dit gevoel het om voor die klas te staan en ‘n boodskap vir die kinders te gee. Hierdie aktiwiteit word dan deurgetrek na die werk van ‘n profeet, en die kinders word aangemoedig om te doen wat God hulle vra om te doen, net soos die Profete, al is dit nie altyd maklik nie.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

15. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Klein Profete Boeke

15. Klein Profete Boeke – Boeke van die Bybel

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s