Sondagskool Les: 14. Die Bybel – Die Groot Profete Boeke

14. groot profete - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

14. Die Groot Profete Boeke

Hierdie is die veertiende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. In die vorige les het ons stilgestaan by die Gedigte boeke, in hierdie les kyk ons kortliks na die Groot Profete boeke in die Ou Testament net om bietjie beter te verstaan waaroor dit gaan.

Die Groot Profete is die vierde afdeling in die Ou Testament.  Daar is vyf boeke in hierdie afdeling:  Jesaja, Jeremia, Klaagliedere van Jeremia, Esegiël en Daniël.

Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, met nog vyf boeke van die Ou en die Nuwe Testament by. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.

Groepwerk:  Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die Groot Profete boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

14. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Groot Profete

14. Bybel Speletjie – Esegiël

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s