Kinderkerk Les: 14. Die Bybel – Die Groot Profete Boeke

14. groot profete - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

14. Die Groot Profete Boeke

Hierdie is die veertiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons Die Groot Profete Boeke Afdeling in die Ou Testament.

Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste 14  boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.

Aktiwiteit 1:  Telefoontjie In hierdie les gesels ons oor die Groot Profete boeke in die Bybel – die telefoontjie speletjie demonstreer aan die kinders wat ‘n profeet doen. Profete is mense wat deur God gebruik word om ‘n boodskap van Hom aan ander mense te gee.  Baie soos die fasiliteerder wat die boodskap vir die leiers gegee het, en die leier het dit toe met speletjie vir die kinders gegee.

Aktiwiteit 2:  Waar/onwaar speletjie Gee vir elke groep ‘n blaai met ‘n regmerkie en ook ‘n blaai met ‘n verkeerde merkie op.  Vra ‘n klompie vrae en die kinders moet besluit of dit die waarheid is (dan wys hulle die regmerkie) of verkeerd is (dan wys hulle verkeerde merkie).

God het baie belangrike boodskappe gehad wat Hy aan die profete gegee het om vir Sy volk te vertel. Anders as van die vrae, is God se woorde altyd waar.

Aktiwiteit 3:  Geheime boodskap: Die profete word aan die kinders bekend gestel deur middel van die geheime boodskap aktiwiteit.

Nou het ons hulle name:  Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël.  Nou moet ons uitvind watter boodskappe hulle vir God se volk en hulle konings moes gee.

Aktiwiteit 4 en 5: In hierdie twee aktiwiteite leer die kinders dat God Sy profete na die volk gestuur het om hulle te waarsku (vinger) om op te hou met sonde doen en Sy reëls te volg. God het vir hulle gesê dat Hy baie, baie lief vir hulle is (hartjie), en as hulle net kom jammer sê en Hom die liefste van almal het, sal Hy hulle vergewe.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

14. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdeling van die Ou Testament – Die Groot Profete Boeke

14. Groot Profete Boeke – Boeke van die Bybel

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s