Die Woord sê dat die vyand soos ‘n dief in die nag kom, om te steel en te roof, en dat ons waaksaam moet wees!
Tema van die Storie: Moenie vir satan deure oopmaak nie
Hierdie storie illustreer hoe maklike en ‘onskuldig’ die vyand in ons lewe inkom. Aan die begin dink ons niks daarvan nie, wat dis niks groot nie, en dit maak aan die begin nie regtig saak, of ‘n verskil nie. Soos die tyd egter aanstap, gebruik die vyand daai ‘onskuldige’ iets om beheer oor ons lewe te kry. Geen wonder die Woord sê dat die vyand rondloop soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind nie!
Moenie vir satan deure oopmaak nie
Richard het ‘n pragtige huisie besit in ‘n klein dorpie. Sy vrou, Sophia, is onlangs oorlede. Die huis het hom te veel laat dink aan gelukkige tye saam met sy vrou en daar was te veel kamers vir hom alleen, so hy het besluit om die huis te verkoop.
Die eerste koper, Mbuli, het heeltemal verlief geraak op die huis en wou sy vrou, Lucy, verras deur die huis te koop vir haar. Hy het die hoogste offer ingesit en die huis by Richard gekoop.
Daar was net een voorwaarde met die verkoop van die huis: In die sitkamer het Richard ‘n spyker in die muur geslaan. Mbuli kon die huis met als daarin koop, maar die spyker het Richard se eiendom gebly. Mbuli het niks daarvan gedink nie. Een spyker kon nie skade doen nie.
Die huis is aan Mbuli verkoop en twee weke later het Mbuli vir Richard genooi vir tee. Richard het die uitnodiging aanvaar. Soos Richard by die sitkamer ingestap het, het hy sy baadjie aan die spyker gehang. Toe hy huistoe gaan, het hy verby die baadjie gestap. Mbuli het hom gestop en gesê dat Richard nie sy baadjie daar kan los nie. Dis nie sy huis meer nie.
Richard het gesê: “Dis jou huis ja, maar dis my spyker.” Die volgende keer wat Richard kom kuier het, het hy ‘n lelike stuk tou aan die spyker gehang. Mbuli het weer vir hom gesê dat dit nie sy huis meer is nie.
Richard het gelag en vir hom gesê: “Ja, maar dis steeds my spyker.” Die derde keer wat Richard kom kuier het, het jy ‘n groot stuk vleis aan die spyker gehang. Mbuli was geskok en gesê: “Hey, hierdie stuk vleis gaan hier vrot en my huis laat stink. Die bloed drup op die vloer. Jy kan dit nie hier los nie. Dis my huis.”
Richard het geantwoord: “Ek weet dit jou huis, maar dis steeds my spyker.”
Laai die Storie hieronder in PDF formaat af:
Moenie vir satan deure oopmaak nie
Volg die skakel hieronder na ons ander Stories: