Kinderkerk Les: 19. Die Bybel – Nuwe Testament – Profetiese Boek – Openbaring

19. groot - openbaring

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

19. Nuwe Testament – Profetiese Boek – Openbaring

Hierdie is die negentiende, en laaste les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Die doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons die laaste boek in die Bybel – Openbaring, wat ‘n profetiese Boek is.

Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die Bybelboeke se name vir die kinders leer deur middel van bewegings. In hierdie les voeg ons nog 5 boeke se bewegings by.

Inleiding:  In hierdie les kyk ons na die heel laaste boek in die Bybel.  Hierdie boek se naam is Openbaring.  Dit is geskryf deur ‘n man met die naam Johannes. Toe Johannes al oud was, moes hy as straf, omdat hy ander van Jesus vertel het, op ‘n eiland gaan bly.  Daar het hy ‘n visioen (amper iets soos ‘n droom, maar jy is wakker) van Jesus gehad en hy het als wat hy gesien het, neergeskryf.

Hy het baie dinge gesien en geskryf. Aan die begin van die brief praat Jesus met sewe kerke.  Hy gee hulle bietjie raad.  Wat beteken dit as mens iemand raad gee?  Jesus vertel die kerke wat sal slim wees om te doen en wat nie.  Hoe hulle moet maak om God tevrede te stel en Hy waarsku hulle ook.  Kom ons leer bietjie wat die raad was.

Speletjie 1:  Mnr Snake: In hierdie speletjie leer die kinders dat Jesus sê dat ons moet wegdraai van ons sondes af. Ons moet kies om Hom te volg en nie verkeerde dinge te doen nie.

Aktiwiteit 2:  T-hemp hindernisbaan:  Hierdie speletjie leer die kinders dat ‘n kind van Jesus se lewe nie altyd maklik is nieDie duiwel probeer ons met moeilike / slegte goed keer om nie meer in Jesus te glo nie.  Ons moet vashou aan Jesus al gaan dit moeilik en nie ophou om Hom te volg nie.

Aktiwiteit 3:  Uitdeelstuk: In die brief skryf Johannes ook hoe die hemel lyk. Gee vir elke kind ‘n uitdeelstuk en laat hulle omkring wat hulle dink in die hemel sal gebeur/hoe dit in die hemel sal wees.

Aktiwiteit 4:  Partytjie:  Jesus gaan terugkom en die satan kom straf vir al die verkeerde dinge wat hy deur al die baie, baie jare hier op aarde gedoen het.  Die wat gekies het om die satan se pad te volg, gaan ook gestraf word.  Ons kan weet dat Jesus die satan gewen het aan die kruis en dit moet ons so gelukkig maak.  Al gaan dinge swaar kan ons weet Jesus het gewen en eendag sal ons saam met Hom in die hemel bly.  Dit maak my so bly ek wil nou sommer partytjie hou.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

19. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Bybel – Nuwe Testament – Profetiese Boek – Openbaring

19. Nuwe Testament Profetiese Boek – Openbaring – Boeke van die Bybel

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s