AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
19. Nuwe Testament – Profetiese Boek – Openbaring
Hierdie is die negentiende, en laaste les in die Sondagskool Lesreeks oor die Bybel. Die doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons die laaste boek in die Bybel – Openbaring, wat ‘n profetiese Boek is.
Ysbreker: Boek ordes: Gee vir elke groep ‘n Ou Testament en Nuwe Testament kaart. Gee al die boeke in die Ou Testament en gee al die boeke in die Nuwe Testament. Hulle moet nou die boeke onder die twee kaarte rangskik in die regte orde.
Inleiding: In hierdie les kyk ons na die heel laaste boek in die Bybel. Hierdie boek se naam is Openbaring. Dit is geskryf deur ‘n man met die naam Johannes. Toe Johannes al oud was, moes hy as straf, omdat hy ander van Jesus vertel het, op ‘n eiland gaan bly. Daar het hy ‘n visioen (amper iets soos ‘n droom, maar jy is wakker) van Jesus gehad en hy het als wat hy gesien het, neergeskryf.
Hy het baie dinge gesien en geskryf. Aan die begin van die brief praat Jesus met sewe kerke. Hy gee hulle bietjie raad. Wat beteken dit as mens iemand raad gee? Jesus vertel die kerke wat sal slim wees om te doen en wat nie. Hoe hulle moet maak om God tevrede te stel en Hy waarsku hulle ook. Kom ons leer bietjie wat die raad was.
Speletjie 1: Mnr Snake: In hierdie speletjie leer die kinders dat Jesus sê dat ons moet wegdraai van ons sondes af. Ons moet kies om Hom te volg en nie verkeerde dinge te doen nie.
Aktiwiteit 3: Geheime kode: Die geheime kode help die kinders om van die boodskappe aan die sewe gemeentes in Openbaring 2 en 3 te ontsyfer.
Aktiwiteit 2: T-hemp hindernisbaan: Hierdie speletjie leer die kinders dat ‘n kind van Jesus se lewe nie altyd maklik is nie. Die duiwel probeer ons met moeilike / slegte goed keer om nie meer in Jesus te glo nie. Ons moet vashou aan Jesus al gaan dit moeilik en nie ophou om Hom te volg nie.
Aktiwiteit 3: Uitdeelstuk: In die brief skryf Johannes ook hoe die hemel lyk. Gee vir elke kind ‘n uitdeelstuk en laat hulle omkring wat hulle dink in die hemel sal gebeur/hoe dit in die hemel sal wees.
Aktiwiteit 4: Partytjie: Jesus gaan terugkom en die satan kom straf vir al die verkeerde dinge wat hy deur al die baie, baie jare hier op aarde gedoen het. Die wat gekies het om die satan se pad te volg, gaan ook gestraf word. Ons kan weet dat Jesus die satan gewen het aan die kruis en dit moet ons so gelukkig maak. Al gaan dinge swaar kan ons weet Jesus het gewen en eendag sal ons saam met Hom in die hemel bly. Dit maak my so bly ek wil nou sommer partytjie hou.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
19. SONDAGSKOOL LES – Verstaan Jou Bybel – Afdelings van die Nuwe Testament – Profetiese Boek
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/