AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Woord Studie – Sonde
Hierdie is die derde les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Sonde. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Die 10 Gebooie
Die les begin met hersiening van die 10 gebooie deur middel van bewegings soos wat ons verlede jaar geleer het.
Die Tien Gebooie help ons om te weet wat God wil hê ons moet doen of nie moet doen nie. Dit help ons om te weet hoe om God en ander mense lief te hê. Wie van ons kan sê ons doen nooit enige iets verkeerd nie? Daar’s ‘n woord wat ons in die kerk hoor, of in die Bybel van lees vir iets verkeerds doen. Die woord is sonde. In hierdie les gesels ons bietjie oor sonde. Ons speel so paar speletjies om ons te help om beter te verstaan wat sonde beteken.
Aktiwiteit 1: Teiken gooi
Aktiwiteit 2: Glasie doel
Hierdie twee aktiwiteite demonstreer Romeine 3:23 “Ons is sondaars. Nie een van ons lewe soos wat God wil hê nie.” Wanneer ons verkeerde dinge doen, sê of dink leef ons nie soos God wil hê ons moet nie – ons mis die teiken.
Illustrasie: Sonde skei – Hierdie illustrasie wys hoe sonde ons weghou van God, maar hoe Jesus se bloed ons weer by God kan laat uitkom.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
3. SONDAGKOOL LES – Woord Studie – Sonde
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/