Kinderkerk Les: 3. Woord Studie – Sonde

3. sonde - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Woord Studie – Sonde

Hierdie is die derde les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.

Die les begin met die leer van die bewegings van die eerste vyf boeke van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes en Handelinge.

Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Sonde.  In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.

Die 10 Gebooie

Die les begin met hersiening van die 10 gebooie deur middel van bewegings soos wat ons verlede jaar geleer het.

Die Tien Gebooie help ons om te weet wat God wil hê ons moet doen of nie moet doen nie.  Dit help ons om te weet hoe om God en ander mense lief te hê.

Ek wonder hoeveel van ons kan sê ons doen nooit enige iets verkeerd nie? Wie kan dalk vir my sê wat is die woord wat ons in die kerk hoor, of in die Bybel van lees vir iets verkeerds doen?  Dis sonde.  Vandag gaan ons so klein bietjie oor sonde praat.  Ek het so paar speletjies saamgebring om ons te help om bietjie meer te verstaan wat sonde beteken.

Aktiwiteit 1: Teiken gooi

Aktiwiteit 2: Glasie doel

Hierdie twee aktiwiteite demontreer Romeine 3:23 “Ons is sondaars.  Nie een van ons lewe soos wat God wil hê nie.”  Wanneer ons verkeerde dinge doen, sê of dink,  leef ons nie soos God wil hê ons moet nie – ons mis die teiken.

Illustrasie: Sonde skei – Hierdie illustrasie wys hoe sonde ons weghou van God, maar hoe Jesus se bloed ons weer by God kan laat uitkom.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. KINDERKERK LES – Woord Studie – Sonde

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s