Saalopening: 23. Liefde

23. groot

Hierdie is ons drie en twintigste Kort boodskap, Saalopening idee.

Liefde

Valentydsdag is om die draai, en ons wil sommer vroeg al die saalopening oor liefde ‘post’ sodat die van julle wat dit wil gebruik nog genoeg tyd sal hê om voor te berei.

Valentynsdag is die ideale geleentheid om weer ‘n slag met ons kinders oor liefde te praat, nie die romantiese soort nie, maar dit wat God wil hê dat ons vir mekaar moet hê.

Inleiding:

Wie weet watter dag ons op 14 Februarie vier? Dis reg, Valentynsdag! Wie van julle hou daarvan om ‘n briefie of iets van ‘n ou of meisie op Vaelntynsdag te kry? Wie van julle weet waaroor Valentynsdag gaan? Oor die liefde.

Vir wie kan en moet ons almal lief wees? Mamma/Pappa/Boetie/Sussie ja, selfs vir hulle… Ouma/Oupa/Juffrou/Meneer/ons maatjies en natuurlik vir God!

Valentynsdag gaan wel oor liefde, maar as ons aan liefde dink gaan dit oor soveel meer as net die liefde tussen ‘n ou en meisie of ‘n man en ‘n vrou.

Illustrasie:

Bring ‘n paar goed saam wat met batterye werk. MOENIE die batterye insit nie, hou dit net by jou. Kry een of twee vrywilligers om jou te help om die goed aan te sit.

Wat? Werk die goed nie??? Onmoontlik, alles het gister nog gewerk…. Kom ons kyk gou of ons kan sien wat fout is… laat die vrywilligers jou help.

Die goed het nie batterye in nie!!! (laat die vrywilligers jou help om die batterye in te sit, en probeer alles weer).

Toepassing:

Sjoe, ek het nou groot geskrik, ek het gedink al my goed is stukkend!! Weet julle wat sien ek vanoggend, dat batterye belangrik is!! Sonder batterye kon nie eers EEN van hierdie goed werk nie!

Ons het netnou van Valentynsdag en liefde gepraat, en die batterye laat my nou aan die liefde dink.

Ons lees die volgende in  1 Kor 13:1-3 uit Die Boodskap:

1.Sê nou maar ek is so “geestelik” dat ek die tale kon praat wat die engele in die hemel praat en selfs nog ’n klomp ander, maar ek het nie ander mense lief nie, wat dan? Vir die Here klink daardie “geestelike gepraat” dan na niks anders nie as ’n geraas soos iemand wat teen ’n yster kap. 2.Sê nou ek kan uitstekend preek, is hoog geleerd in die dinge van die Here en verstaan dinge van God wat ander mense nie eens weet nie, en boonop het ek nog die grootste geloof wat jy jou kan voorstel, maar ek het nie ander mense lief nie, is ek vir die Here ’n nul op ’n kontrak. 3.Al gee ek alles wat ek besit vir arm mense en word as martelaar vir die Here verbrand, maar ek het nie lief nie, help dit alles niks.

Wat Paulus hier sê is dat al kan jy al hierdie goed doen en hê, maar as jy nie die LIEFDE het nie, dan is en het jy NIKS!

Hierdie goed wat ek saamgebring het vanoggend beteken NIKS as daar nie batterye in is nie. So beteken dit NIKS as jy die mooiste en die slimste kind in die klas is, maar jy is lelik met ander kinders nie, want dan beteken my mooi en slim wees niks! Ook as jy lelik met pappa en mamma by die huis is, of selfs met juffrou in die klas!

ALLES begin by die liefde.

Sluit af met gebed

Laai die Saalopening hieronder in PDF formaat af:

23. Saalopening – Liefde

Volg die skakel hieronder na ons ander Saaopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s