Hierdie is ons derde Personeelkamer Opening.
Die naakte waarheid
Eendag het ‘n onderwyser die volgende op die bord geskryf:
*9×1=7*
*9×2=18*
*9×3=27*
*9×4=36*
*9×5=45*
*9×6=54*
*9×7=63*
*9×8=72*
*9×9=81*
*9×10=90*
Toe hy klaar was en hy na sy kinders kyk, het almal vir hom gelag omdat hy die eerste som verkeer gedoen het.
Die onderwyser het die volgende vir die kinders gesê:
“Ek het die eerste som aspris verkeerd geskryf, want ek wil hê dat julle almal vandag iets belangriks moet leer.
Dis om te weet hoe die wêreld daar buite met jou gaan maak!
Julle sien, ek het die regte antwoorde nege keer geskryf, maar nie een van julle het iets daaroor gesê nie. AL wat julle raakgesien het was die EEN “verkeerde ding” wat ek geskryf het.
Wat wil ek hê moet julle hieruit leer?
Die wêreld sal nooit die mooi en die goed raaksien wat jy doen nie, al doen jy dit ‘n miljoen keer, MAAR hulle sal altyd die EEN verkeerde ding raaksien wat jy doen!
Moenie dat dit jou keer nie!
Styg altyd bo die kritiek uit!
Moenie opkyk na mense nie, kyk op na God!
Toepassing:
Hierdie is SO waar, en ons as onderwysers kan self so baie daaruit leer. Ons kritiseer eerder die kinders se foute, maar gee selde krediet of erkenning vir hulle goeie gedrag of goeie punte!
Kom ONS wees anders as die wêreld, kom ONS leer die kinders dat nie net hulle foute saakmaak nie, maar ook hulle suksesse, hoe klein dit ookal is. Ons as volwassenes het dit nodig, hoeveel nie te meer die kinders nie!
Kom ons leer die kinders om bo kritiek uit te styg, omdat ons nie net die kritiek raaksien nie, want dis hoe God na ons kyk. Na ons as volwassenes, maar ook na die kinders. Wat ons doen maak vir HOM saak, daarom moet dit ook vir ONS saakmaak.
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
3. PERSONEELKAMER OPENING – Die naakte waarheid
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/