Sondagskool Les: 6. Woord Studie – Geloof

6. geloof - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Woord Studie – Geloof

Hierdie is die sesde les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.

Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Geloof.  In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.

Ysbreker: Nuusberig oor ‘n miteologiese kreatuur.

Na die ysbreker word die vraag gevra: Het een van julle al ooit ‘n lewende mermaid/unicorn gesien?  Dalk Bigfoot of Godzilla? Wanneer jy iets nie kan sien nie is dit nogals moeilik om te glo dat dit werklik bestaan of dat dit werklik gebeur het.  Ons almal soek bewyse om ons te help om te glo.

Kleingroep besprekings rondom die volgende teks dele:

  1. Hebreërs 11:1-3
  2. 2 Korinthiërs 5:7
  3. Hebreërs 11:6-8
  4. Hebreërs 11:29-30

Die les sluit af met die volgende vrae:

  1. Hoe het Noag, Abraham, die Israeliete in Eksodus en die Israeliete by die Geveg van Jerigo hulle geloof beoefen?
  2. Pas hierdie gedeeltes by die definisie van geloof?
  3. Wat kan ons doen om ons geloof sterker te maak?
  4. Wat is die moeilikste deel vir jou wanneer dit kom by geloof hê?
  5. Watter beloftes is daar wat God reeds vervul het?
  6. Hoe kan die vervulling van hierdie beloftes jou help om geloof te hê in al God se beloftes?

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

6. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Geloof

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s