AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Woord Studie – Geloof
Hierdie is die sesde les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.
Die les begin met die leer van die bewegings van die eerste nege boeke van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes, Handelinge, Romeine 1 en 2 Korinthiërs en Galasiërs.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Geloof. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Illustrasie: Die les begin met ‘n koekie illustrasie om die begrip geloof aan die kinders te probeer verduidelik.
God is lief vir Noag: Die verhaal van Noag word gebuik om aan die kinders te verduidelik wat geloof beteken. In Noag se tyd het dit nog nooit gereën toe God hom die opdrag gegee het om die ark te bou nie. Hy moes God glo en vertrou dat dit wat God sê wel so is.
As deel van die verhaal van Noag speel die kinders ‘n “kry die diere in die ark” speletjie om hulle deel van die verhaal te maak.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
6. KINDERKERK LES – Woord Studie – Geloof
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/