AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Bekering
Hierdie les gebruik die verhaal van Saggeus om bekering aan die kinders te verduidelik.
Ysbreker: Ek is jammer
Kleingroep bespreking rondom Lukas 19:1-10
- Watter feite lees ons van Saggeus in verse 2-7?
- Hoe verander Saggeus na sy ontmoeting met Jesus?
- Hoe het Saggeus gewys dat hy werklik jammer is?
- Na aanleiding van Saggeus se verhaal, wat verstaan julle rondom bekering?
- Maak ‘n lysie van vyf sondes waarmee jongmense sukkel.
- Skryf nou maniere neer hoe jongmense hierdie sondes kan ‘regmaak’ soos Saggeus reggemaak het.
Aktiwiteit: Omdraai – Hierdie is ‘n baie visuele aktiwiteit. Die kinders plak die antwoorde van vraag 5 en 6 hierbo teen twee oorkantste mure in die vertrek waar julle is. Hulle gaan staan dan voor die muur met die ‘sondes’, dan draai hulle hul rug op die ‘sondes’ en loop na die ‘regmaak’ muur.
Die les sluit af met die stappe van bekering.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor bekering: