Personeelkamer Opening: 17. Ons lewens is in mekaar geweef

17, groot

Hierdie is ons sewentiende Personeelkamer Opening.

Ons lewens is in mekaar geweef

Muis loer deur ‘n kraak in die muur van die plaashuis en sien dat die boer en sy vrou besig is om ‘n pakkie oop te maak. Hy wonder wat se kos daar dalk in die pakkie kannwees. Met skok sien hy dat dit ‘n muisvalletjie is!

Hy retireer na die plaaswerf en roep ‘n waarskuwing luid uit: “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!”

Die hoenderhaan het gekloek, in die grond gekrap, sy kop opgelig en gesê:“ Mnr muis, ek besef dat jy baie besorg hieroor is, maar dit raak my glad nie”.

Die muis draai toe na die vark en vertel hom: “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis. Die vark het ook met die arme muis gesimpatiseer en gesê: “Ongelukkig kan ek niks daaraan doen nie, maar ek sal bid. Wees verseker, jy is in my gebede.”

Die muis draai hierna na die koei en sê: “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!” Die koei reageer toe as volg: Haai mnr muis, ek is so jammer vir jou, maar dit raak my gelukkig nie.”

Die muis het hierna, met geboë hoof en neerslagtig teruggekeer na die huis om die boer se muisvalletjie te weerstaan_ alleen, stoksiel alleen!

Dieselfde nag kon ‘n geluid deur die hele huis gehoor word – die geluid van ‘n muisvalletjie wat sy prooi gevang het!

Die boer se vrou het gehardloop om te sien wat die valletjie gevang het. In die donker het sy nie gesien dat dit ‘n giftige slang se stert was wat in die slagyster gevang is nie.

Die slang het die boer se vrou gepik! Die boer het haar na die hospitaal gehaas Met haar terugkoms by die huis het sy nog koors gehad. Almal weet dat mens koors met vars hoendersop behandel.

Die boer het by die huis uitgestap met sy handbyltjie. om die hoof bestanddeel van die sop te gaan haal. Maar die boervrou se siekte het voortgeduur. Vriende en die bure het die hele dag en nag by haar bed gewaak. Om kos vir hulle voor te sit het die boer die vark geslag.

Maar helaas! Die boervrou het nie gesond geword nie. Sy het gesterf. Baie mense het vir die begrafnis gekom. Die boer het die koei geslag om vir almal vleis te kon gee.

Die muis het deur die kraak in die muur alles met groot droefheid gade geslaan.

Toepassing:

So, die volgende keer wanneer jy hoor dat iemand ‘n probleem het en jy dink dat dit jou nie regtig aangaan nie, onthou …..

Wanneer een van ons bedreig word, is almal van ons in gevaar. Ons is almal betrokke in hierdie tog wat “lewe” genoem word. Ons moet ons oë oophou vir mekaar en ‘n ekstra poging aanwend om mekaar te bemoedig.

ONTHOU! ELKEEN VAN ONS IS ‘N DRAAD IN DIE TAPESERIE VAN ANDER MENSE. ONS LEWENS IS IN MEKAAR GEWEEF VIR ‘N REDE.

Een van die beste dinge om aan vas te hou in hierdie wêreld is ‘n VRIEND.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

17. PERSONEELKAMER OPENING – Ons lewens is in mekaar geweef

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s