Hierdie is ons een en twintigste Personeelkamer Opening.
Die vurk
‘n Jong dame is met ‘n terminale siekte gediagnoseer. Menslik gesproke het sy nog drie maande om te leef. Sy begin dadelik om haar sake in orde te kry. In ‘n gesprek met haar predikant versoek sy watter liedere sy graag op haar begrafnis wil laat sing, asook die skrifgedeelte wat hy moet lees.
Toe die predikant groet onthou sy nog iets wat vir haar baie belangrik is. “Daar is nog iets, dominee.” “Wat is dit?” “Ek wil graag met ‘n vurk in my hand begrawe word. Dis vir my baie belangrik.” Die predikant lyk verdwaas. “Wat ‘n eienaardige versoek”.
“By die Restaurante waar ek al sosiale funksies bygewoon het, het iemand na die hoofdis, wanneer die eetgerei weggeneem word gefluister: “Hou jou vurk.” Dan het ek geweet daar is nog iets heerlik wat gaan kom, soos veerligte sjokolade koek of besonderse appeltert. So wil ek graag hê die mense moet my in my kis sien met ‘n vurk in my hand.
Ek wil hê elkeen moet wonder en vra: “En die vurk? Waarvoor dit?” Dan moet u antwoord: “Hou jou vurk, as jou saak met die Here reg is kom die beste nog.”
Met trane in sy oë groet die leraar. Hy besef die jong vrou het ‘n wonderlike idee van die hiernamaals. Selfs beter as hy. Selfs beter as ouer gelowiges met baie meer lewenskennis. Sy WEET iets beter wag op haar, want haar saak met God is reg.
By die begrafnis hoor die predikant dan ook telkemale: “En die vurk?” En hy glimlag net. In sy boodskap verduidelik die leraar die dame se uitsonderlike wens en wat dit simboliseer. Hy getuig hoe die mooi storie in sy gedagtes bly.
“Ek is seker elkeen van julle gaan ook oor en oor daaroor dink.” Hy was reg. En elke keer wanneer jy jou vurk optel, onthou: As my saak met God reg is, is die beste nog oppad!!!
Toepassing:
Koester die tyd wat jy nog gegun word. Maak seker jou saak met God is reg. Jesus sê in Joh 14:6 “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, NIEMAND kom na die Vader toe behalwe deur MY nie”. Die beste wat voorlê kan NET joune wees as jou saak met God reg is! DAN lê die beste deel nog vir jou voor!
Hou jou vurk gereed kind van God…. Die beste lê nog voor!!!
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
21. PERSONEELKAMER OPENING – Die vurk
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/