Personeelkamer Opening: 27. Die Belangrikste Liggaamsdeel

27. liggaamsdeel - groot

Hierdie is ons sewe en twintigste Personeelkamer Opening

Die Belangrikste Liggaamsdeel

My ma het my van jongs af gevra wat die belangrikste deel van my liggaam is. Deur die jare het ek gereeld ‘n raaiskoot gewaag sodra as wat ek dink ek ken die antwoord.

Terwyl ek jonger was het ek gedink dat klank baie belangrik vir ons as mense is en ek het geantwoord, “My ore, Mamma.” Sy het gesê, “Nee, daar is baie mense wat doof is. Maar hou aan om daaraan te dink, ek sal jou binnekort weer vra.”

‘n Paar jaar het verloop voordat sy my weer gevra het. Sedert my eerste probeerslag het ek lank gedink oor die korrekte antwoord.

Die keer vertel ek haar, “Mamma, sig is baie belangrik vir enige iemand, so daarom moet dit my oë wees.” Sy het na my gekyk en gesê, “ Jy leer vinnig, maar die antwoord is nie korrek nie want daar is baie mense wat blind is.”

Teleurgesteld het ek maar my soektog voortgesit na kennis om die regte antwoord te kry en deur die jare het Ma my ‘n paar keer gevra of ek die antwoord ken en gereeld was haar antwoord, “Nee. Maar jy word elke jaar slimmer my kind.”

Verlede jaar, is my oupa oorlede. Almal was hartseer en almal het gehuil, selfs my pa wat ek nog net eenkeer van tevore sien huil het. My ma het na my gekyk toe dit ons beurt was om blomme op oupa se kis te plaas.

Sy vra my toe, “Weet jy nou al watter die belangrikste deel van die liggaam is my kind?”

Ek was geskok omdat sy my die vraag nou vra. Ek het altyd gedink dit was ‘n soort spel tussen ons.

Sy het die verwarring op my gesig opgemerk en sê, “Dis ‘n baie belangrike vraag. Dit wys of jy al regtig geleef het. Elke liggaamsdeel wat jy in die verlede aan my genoem het het ek gesê is verkeerd en elke keer ook met ‘n rede, hoekom. Maar vandag is die dag wat dit noodsaaklik is dat jy die belangrike les leer.”

Sy het afgekyk na my op die manier soos net ‘n ma kan. Ek sien die trane wat opwel in haar oë. Sy sê, “My kind, die belangrikste deel van jou liggaam is jou skouer.” Ek vra, “Is dit omdat dit my kop regop hou?”

Sy antwoord, “Nee, dis omdat dit die kop kan hou van ‘n vriend of ‘n geliefde wanneer hulle huil. Elke mens in die lewe het soms ‘n skouer nodig om op te huil. Ek hoop dat jy genoeg geliefdes en vriende het wat altyd ‘n skouer sal hê vir jou om op te huil wanneer jy dit nodig het.”

Daar en dan het ek geweet dat die belangrikste liggaamsdeel nie ‘n selfsugtige deel is nie. Dit is simpatiek teenoor die pyn van ander.

Toepassing:

Al is ons juffrou en meneer vir die kinders waarmee ons werk, kan ons ook wanneer nodig die ‘skouer’ wees waarop hulle kan huil as dit nodig sou wees. Ons as onderwysers onderskat baie keer die belangrike werk wat ons doen, en dat dit eintlik baie meer as net ‘kinders leer’ is.

Ons het elke dag die geleentheid om vir ‘n kind in emosionele nood en pyn iets te kan beteken, deur ‘n skouer vir hulle te wees. Laat jou oë en jou ore jou help om die skouer te wees vir die wat dit nodig het.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

27. PERSONEELKAMER OPENING – Die belangrikste liggaamsdeel

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s