Hierdie lesreeks is vir ons graad R-6 EPIC Jeugsel groep geskryf, wat gewoonlik op ‘n Woensdagaand bymekaar gekom het. Ons het die voorreg gehad om die eerste ses lesse in die reeks met hulle te doen, voordat grendeltyd begin het.
Reis deur die Bybel
Julle sal dus sien dat daar twee lesse per tema vir die eerste klomp lesse is. Die eerste les is die oorspronklike les wat ons nog met die kinders kon doen, die tweede les is bietjie verander sodat ouers dit saam met hulle kinders as deel van huisgodsdiens of huiskerk kan doen. Die lesse is ideaal om oor ‘n paar aande te doen.
Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou. Die formaat van elke aand is ook anders om die kinders geÏntreseerd te hou.
4. Op reis saam met Moses 2
Hierdie les en die vorige les handel oor die hooftrekke uit die verhaal van Moses soos ons dit in Eksodus en Deuternomium vind. Hierdie les kan oor vier aande gedoen wor.
Die formaat van hierdie aande is ‘n speletjie, Bybeldeel om te lees en ‘n vraag. Van die dele het ‘n kort YouTube video clip, en van dit net ‘n opsomming oor die gedeelte.
In hierdie les kyk ons na die volgende dele uit Moses se lewe:
- Water uit die rots
- Die 10 gebooie
- Die goue kalf
- Die 12 spioene
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES:
4. KINDERKERK LES – Op reis saam met Moses 2
GRENDELTYD LES:
4a. GRENDELTYD LES Kinderkerk – Op reis saam met Moses 2
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-kinderkerk-lesreeks/