Hierdie is ons drie en dertigste Personeelkamer Opening en is geskryf deur Georgie.
Hy maak my Hoof vet met Olie
Vir baie jare het ek gewonder oor hierdie skrifgedeelte in Psalm 23:5.
Eers onlangs het ek die ware betekenis van hierdie skrifgedeelte ontdek. Skaap Herders in die Bybelse tyd het altyd die skape in hulle sorg se koppe met olie gesalf en dit was gedoen om verskeie redes.
Skape was geneig om met hulle koppe in doringbosse vas te haak en sonder die olie op die hoof was dit baie moeilik om hulle los te kry.
Ook het vlieë hulle eiers in die skaap se neusholtes gelê en as dit uitgebroei het, het die wurms in die neusholtes opgegaan en dit was ‘n ernstige probleem vir die skape wat dan hulle koppe teen rotse gekap het om van die irritasie ontslae te raak en dit het dikwels tot die dood van die skaap gelei.
‘n Verdere probleem was dat insekte in die oë en ore ingekom het wat infeksies en siektes veroorsaak het.
Maar as die herder daardie skaap se kop gesalf het, het dit ‘n beskermende laag gevorm wanneer die skaap aangeval word deur al die dodelike plae.
Dawid sê die Here maak sy hoof vet met olie. Ek en jy het ook nodig om met olie gesalf te word vir presies dieselfde redes waarom die skape gesalf was.
Ons hoofde haak ook in die doringbosse van sonde vas, en sonder dat ons hoofde gesalf is is dit net soms te moeilik om onsself los te kry van sonde en haat en onvergewens gesindheid.
Dan is daar die gedagtes van bekommernis, selfbejammering en minderwaardigheid wat wurms veroorsaak wat ons ook ons koppe teen klippe wil laat kap tot ons sterf.
En dan die insekte wat veroorsaak dat ons oë en ore aangeval word. Ons sien die kwaad in alles en almal en ook ons ore wat verkeerde stories hoor en wat ons ontvanklik maak vir baie bose dinge.
Ons is die skape van die Here. Laat Hom toe om jou hoof te salf sodat dit ‘n beskermende lagie kan vorm om te verhoed dat ons aangeval word deur die sonde insekte van die lewe.
Here ek begeer dat U my hoof vet sal maak met U salwings olie. AMEN
Hierdie pragtige stukkie is ‘n Whatsapp boodskap wat die rondte gedoen het, en is geskryf deur Georgie.
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
33. PERSONEELKAMER OPENING – Hy maak my hoof vet met olie
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/