Sondagskool Les 5: Reis deur die Bybel – Helde van die Bybel 1

5. groot 2b

Hierdie lesreeks is vir ons graad 7-12 kinders geskryf. Die eerste klomp lesse is in die ‘ou’ formaat geskryf, en die ander sodat ouers dit as deel van huisgodsdiens of huiskerk met hulle kinders kan doen.

Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou.

5. Helde van die Bybel 1

In hierdie les kyk ons na twee groot helde van die Bybel: Josua en Gideon. Ons begin die les deur ‘n paar “Fear Factor” speletjies te speel. Soos wat van die kinders nie kans gesien het vir van die ‘challenges’ nie, so voel helde ook nie altyd braaf nie. Die belangrikste wat ons egter uit hulle stories kan leer, is dat dit hulle nie gekeer het nie.

Daar word ‘n kort oorsig oor elke held gegee, en dan kry die kinders ‘n ‘strokies prent’ oor die held met teksverse wat hulle moet opsoek en so die hoofpunte van hulle verhaal aanmekaar sit. Hierdie les kan oor twee aande gedoen word.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES:

5. JEUGLES – Helde van die Bybel 1

5. Gideon

5. Josua

GRENDELTYD LES:

5a. GRENDELTYD LES – Helde van die Bybel 1

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s