Kinderkerk Les 5: Reis deur die Bybel – Helde van die Bybel 1

5. groot

Hierdie lesreeks is vir ons graad R-6 EPIC Jeugsel groep geskryf, wat gewoonlik op ‘n Woensdagaand bymekaar gekom het. Ons het die voorreg gehad om die eerste ses lesse in die reeks met hulle te doen, voordat grendeltyd begin het.

Reis deur die Bybel

Julle sal dus sien dat daar twee lesse per tema vir die eerste klomp lesse is. Die eerste les is die oorspronklike les wat ons nog met die kinders kon doen, die tweede les is bietjie verander sodat ouers dit saam met hulle kinders as deel van huisgodsdiens of huiskerk kan doen. Die lesse is ideaal om oor ‘n paar aande te doen.

Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou. Die formaat van elke aand is ook anders om die kinders geÏntreseerd te hou.

5. Helde van die Bybel 1

In hierdie les kyk ons na twee groot helde van die Bybel: Josua en Gideon. Ons begin die les deur ‘n paar “Fear Factor” speletjies te speel. Soos wat van die kinders nie kans gesien het vir van die ‘challenges’ nie, so voel helde ook nie altyd braaf nie. Die belangrikste wat ons egter uit hulle stories kan leer, is dat dit hulle nie gekeer het nie.

Daar word ‘n kort oorsig oor elke held gegee, wat deur middel van aktiwiteite of illustrasies geïlustreer word. Hierdie les kan oor twee aande gedoen word.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES:

5. KINDERKERK LES – Helde van die Bybel 1

GRENDELTYD LES:

5a. GRENDELTYD LES Kinderkerk – Helde van die Bybel 1

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s