Hierdie lesreeks is vir ons graad R-6 EPIC Jeugsel groep geskryf, wat gewoonlik op ‘n Woensdagaand bymekaar gekom het. Ons het die voorreg gehad om die eerste ses lesse in die reeks met hulle te doen, voordat grendeltyd begin het.
Reis deur die Bybel
Julle sal dus sien dat daar twee lesse per tema vir die eerste klomp lesse is. Die eerste les is die oorspronklike les wat ons nog met die kinders kon doen, die tweede les is bietjie verander sodat ouers dit saam met hulle kinders as deel van huisgodsdiens of huiskerk kan doen. Die lesse is ideaal om oor ‘n paar aande te doen.
Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou. Die formaat van elke aand is ook anders om die kinders geÏntreseerd te hou.
6. Helde van die Bybel 2
In hierdie les kyk ons na ons volgende twee groot helde van die Bybel: Debora en Simson. Ons begin die les deur twee “battle of the sexes” speletjies te speel. Hierdie twee helde was nie bang soos die twee helde in die vorige les nie, een was ‘n vrou en die ander een was baie sterk gewees.
Die verhaal van Simson word deur middel van prentjies of items in sakkies of boksies vertel, wat uitgehaal word soos die verhaal vertel word.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES:
6. KINDERKERK LES – Helde van die Bybel 2
GRENDELTYD LES:
6a. GRENDELTYD LES Kinderkerk – Helde van die Bybel 2
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-kinderkerk-lesreeks/