Hierdie lesreeks is vir ons graad 7-12 kinders geskryf. Die eerste klomp lesse is in die ‘ou’ formaat geskryf, en die ander sodat ouers dit as deel van huisgodsdiens of huiskerk met hulle kinders kan doen.
Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou.
7. Man na God se hart 1
Koning Dawid word in die Bybel as ‘n man na God se hart beskryf (Hand 13:22b). Ons gaan na Dawid oor twee lesse kyk, omdat daar so baie is wat belangrik is om van hom te weet.
Hierdie les word in die vorm van ‘n ‘scavenger hunt’ gehou. Die kinders moet sekere artikels buite gaan soek en dan teksverse lees en saam met ‘n klompie prentjies wat gegee word Dawid se lewe “uit map”.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
JEUGLES:
7. JEUGLES – ‘n Man na God se hart 1
GRENDELTYD LES:
7a. GRENDELTYD LES – ‘n Man na God se hart 1
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-sondagskool-lesreeks/