Sondagskool Lesreeks: Woord Studie

lesreeks - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: Woord Studie

In hierdie reeks kyk ons na moeilike woorde wat in die Bybel voorkom wat ons kinders nie verstaan nie. Wanneer ons daardie woorde beter verstaan, sal dit ons ook help om die Bybel beter te verstaan en meer van God te leer.

Hierdie reeks is vir Sondagskool sowel as Kinderkerk beskikbaar.

Die reeks bestaan uit die volgende:

  1. Inleiding
  2. Heiligheid
  3. Sonde
  4. Genade
  5. Bekering
  6. Geloof
  7. Hoop
  8. Gehoorsaamheid
  9. Evangelie
  10. Verlossing
  11. Geregtigheid

1. Inleiding

Hierdie is die inleidingsles in die Sondagskool lesreeks oor woorde in die Bybel.  In hierdie les gaan ons eers net deur middel van speletjies lekker met woorde speel, om die kinders aan woorde te laat dink en dat woorde betekenis het.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Inleiding – Woord Speletjie

2. Heiligheid

Hierdie les bestaan uit ‘n hele paar aktiwiteite om die begrip van Heiligheid aan die kinders te verduidelik. Om heilig te wees beteken nie om God te wees nie, maar om soos God te wees in hoe ons optree en lewe.  Dit kan dalk onmoontlik klink, maar ons het Iemand wonderlik wat ons daarmee help – die Heilige Gees.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

2. SONDAGKOOL LES – Woord Studie – Heiligheid

3. Sonde

Die les begin met hersiening van die 10 gebooie deur middel van bewegings soos wat ons verlede jaar geleer het. Twee aktiwiteit word daarna gedoen om die effek van sonde te demonstreer en dan word dit aan die hand van Romeine 3:23 verder bespreek.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. SONDAGKOOL LES – Woord Studie – Sonde

4. Genade

Die les begin met twee aktiwiteite om genade aan die kinders prakties te demonstreer. Die kinders lees in hulle groepe Rom 6:23 en moet gesels oor wat dit vir hulle oor sonde, straf en genade leer.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

4. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Genade

5. Bekering

Hierdie is ‘n baie visuele les. Die verhaal van Saggeus word gebruik, met die kinders wat die ‘omdraai’ van bekering prakties doen om dit mooi aan hulle te verduidelik. Die les sluit af met die stappe van bekering.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

5. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Bekering

Bekeringsgebed

6. Geloof

Die les begin met die kinders wat ‘n nuusberig oor ‘n miteologiese kreatuur moet skryf. Aan die hand hiervan word veruidelik hoe moeilik dit is om te glo dat iets bestaan as ons dit nie gesien het nie. Die kinders bespreek ‘n klompie vrae oor geloof aan die hand van ‘n paar teksverse.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

6. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Geloof

7. Hoop

Die verhaal van Daniël se drie vriende in die vuuroond word gebruik om hoop aan die kinders te verduidelik. Daarna is daar ‘n groepbespreking oor hoop.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

7. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Hoop

8. Gehoorsaamheid

Die les begin met die ysbreker – Die bevele van die koning. Die ysbreker word bespreek, asook wat gehoorsaamheid aan God beteken. Maria, Jesus se ma word in die hierdie les gebruik as voorbeeld om gehoorsaamheid aan God te verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

8. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Gehoorsaamheid

9. Evangelie

Daar is twee lesse vir hierdie tema beskikbaar. Vir die een gebruik jy LEGO as jy het, en vir die ander lekkers. Die konsep van die woordelose boekie word vir hierdie les gebruik. Die kinders kry die opdrag om bv. ‘n huis, kruis, hartjie en boom uit ‘n spesifieke kleur LEGO te maak. ‘n Deel van die Evangelie wat rondom die kleur sentreer word dan vertel.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

9. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Die Evangelie 1

9. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Die Evangelie 2

10. Verlossing

In hierdie les word wette gebruik om aan die kinders te verduidelik dat jyself niks kan doen, soos wette gehoorsaam of goeie dade doen, om verlossing te verkry nie. Jy kan dit slegs deur Jesus Christus kry omdat Hy klaar die prys betaal het.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

10. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Verlossing

11. Geregtigheid

Hierdie is ‘n lekker praktiese les met ‘n ysbreker, praktiese demonstrasie en ‘n speletjie aan die einde om die woord “Geregtigheid” aan die kinders te probeer verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

11. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Geregtigheid

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s