Kinderkerk Lesreeks: Woord Studie

lesreeks - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: Woord Studie

In hierdie reeks kyk ons na moeilike woorde wat in die Bybel voorkom wat ons kinders nie verstaan nie. Wanneer ons daardie woorde beter verstaan, sal dit ons ook help om die Bybel beter te verstaan en meer van God te leer.

Hierdie reeks is vir Kinderkerk sowel as Sondagskool beskikbaar.

Die reeks bestaan uit die volgende:

  1. Inleiding
  2. Heiligheid
  3. Sonde
  4. Genade
  5. Bekering
  6. Geloof
  7. Hoop
  8. Gehoorsaamheid
  9. Evangelie
  10. Verlossing
  11. Geregtigheid

1. Inleiding

Hierdie is die inleidingsles in die Kinderkerk lesreeks oor woorde in die Bybel.  In hierdie les gaan ons eers net deur middel van speletjies lekker met woorde speel, om die kinders aan woorde te laat dink en dat woorde betekenis het.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. KINDERKERK LES – Woord Studie – Inleiding – Speletjies

2. Heiligheid

Hierdie les bestaan uit ‘n hele paar aktiwiteite om die begrip van Heiligheid aan die kinders te verduidelik. Om heilig te wees beteken nie om God te wees nie, maar om soos God te wees in hoe ons optree en lewe.  Dit kan dalk onmoontlik klink, maar ons het Iemand wonderlik wat ons daarmee help – die Heilige Gees.

Laai die les hieronder af in PDF formaat:

2. KINDERKERK LES – Woord Studie – Heiligheid

3. Sonde

Die les begin met hersiening van die 10 gebooie deur middel van bewegings soos wat ons verlede jaar geleer het. Twee aktiwiteit word daarna gedoen om die effek van sonde te demonstreer wat Romeine 3:23 demonstreer. Nie een van ons lewe soos wat God wil hê nie.”  Wanneer ons verkeerde dinge doen, sê of dink,  leef ons nie soos God wil hê ons moet nie – ons mis die teiken.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. KINDERKERK LES – Woord Studie – Sonde

4. Genade

Die les begin met twee aktiwiteite om genade aan die kinders prakties te demonstreer. In hierdie twee aktiwiteite demontreer ons aan die kinders wat genade beteken, dat jy iets kry al verdien jy dit nie. Die les sluit af waar ons sonde, straf en genade aan die hand van Rom 6:23 verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

4. KINDERKERK LES – Woord Studie – Genade

5. Bekering

Storietyd: Saggeus in die boom: Vir hierdie les gebruik ons die storie van Saggeus om bekering aan die kinders te verduidelik. Daarna neem die kinders aan drie aktiwiteite deel om dit prakties aan hulle te demonstreer.

Die les word afgesluit met ‘n klompie bewegings wat die kinders geleer word om die verskillende stappe van bekering vas te lê by die kinders.

Laai die les hieronder af in PDF formaat:

5. KINDERKERK LES – Woord Studie – Bekering

6. Geloof

Storietyd: God is lief vir Noag: Die verhaal van Noag word gebuik om aan die kinders te verduidelik wat geloof beteken. In Noag se tyd het dit nog nooit gereën toe God hom die opdrag gegee het om die ark te bou nie. Hy moes God glo en vertrou dat dit wat God sê wel so is.

As deel van die verhaal van Noag speel die kinders ‘n “kry die diere in die ark” speletjie om hulle deel van die verhaal te maak.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

6. KINDERKERK LES – Woord Studie – Geloof

7. Hoop

Storietyd:  Die Brandende oondDie verhaal van Daniël se drie vriende in die vuuroond word gebruik om hoop aan die kinders te verduidelik.

Toepassing: Wanneer dinge swaar en moeilik in jou lewe gaan, help hoop dat God jou gaan help jou om vas te hou, en nie moed op te gee nie. Hoe God help, lyk nie altyd soos ons DINK dit gaan lyk nie. God het nie gekeer dat Daniël se drie vriende in die vuuroond beland nie, maar Hy het hulle wel beskerm dat hulle niks oorgekom het IN die vuuroond nie. God het ‘n engel gestuur wat saam met hulle in die vuuroond was.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

7. KINDERKERK LES – Woord Studie – Hoop

8. Gehoorsaamheid

Storietyd: Die Here roep vir Abram – Die verhaal waar God vir Abram sê om te trek word gebruik om die begrip gehoorsaamheid aan die kinders te verduidelik.

Toepassing: Al mag God ons dalk nie vra om na ‘n vreemde land te trek soos Abraham nie, is daar dinge wat Hy wel vir ons vra om vir Hom te doen.  Wanneer ons mooi na God luister en gehoorsaam is, sal ons sien hoe wondelike dinge gebeur.  Ons kan deur ons gehoorsaamheid ander mense na Jesus toe lei.  Ons kan ook weet dat God ons help met die dinge wat Hy ons vra om vir Hom te doen.

Laai die les hieronder na PDF formaat af:

8. KINDERKERK LES – Woord Studie – Gehoorsaamheid

9. Evangelie

Daar is twee lesse vir hierdie tema beskikbaar. Vir die een gebruik jy LEGO as jy het, en vir die ander lekkers. Die konsep van die woordelose boekie word vir hierdie les gebruik. Die kinders kry die opdrag om bv. ‘n huis, kruis, hartjie en boom uit ‘n spesifieke kleur LEGO te maak. ‘n Deel van die Evangelie wat rondom die kleur sentreer word dan vertel.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

9. KINDERKERK LES – Woord Studie – Evangelie 1

9. KINDERKERK LES – Woord Studie – Evangelie 2

10.Verlossing

In hierdie les word wette gebruik om aan die kinders te verduidelik dat jyself niks kan doen, soos wette gehoorsaam of goeie dade doen, om verlossing te verkry nie. Jy kan dit slegs deur Jesus Christus kry omdat Hy klaar die prys betaal het.

Twee pragtige demonstrasies word gedoen om dit aan die kinders te verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

10. KINDERKERK LES – Woord Studie – Verlossing

11. Geregtigheid

Hierdie is ‘n lekker praktiese les met ‘n ysbreker, praktiese demonstrasie en ‘n speletjie aan die einde om die woord “Geregtigheid” aan die kinders te probeer verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

11. KINDERKERK LES – Woord Studie – Geregtigheid

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s