Kinderkerk Les: Moenie vrees nie

moenie vrees nie - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Moenie vrees nie

Soos ons met ons kinders praat hoor ons gereeld hoe bang hulle is. Dis asof die COVID pandemie en alles wat daarmee saamgaan ons kinders in ‘n toestand van vrees kom dompel het. Die Bybel sê so mooi vir ons dat God ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee het nie, en daarom is dit baie belangrik dat ons met ons kinders hieroor sal praat.

In hierdie les gesels ons oor wat die kinders vrees en wat om daarmee te maak. Ons gebruik die gedeelte in die Bybel in Markus 4:35-41 waar Jesus die storm stilmaak as deel van die les. Aan die einde van die les is daar ook ‘n praktiese aktiwiteit wat die kinders help om hulle vrese te verwoord en dit vir Jesus te gee.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Moenie Vrees nie

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s