Ons het heelwat hulpbronne op die Blog van goed wat jy vir pa kan maak of gee. Hierdie jaar fokus ons op speletjies of aktiwiteite wat die kinders saam met pa kan doen of speel.
Woordsoek:
Ons eerste aktiwiteit is ‘n woordsoek. Hierdie is nie sommer enige woordsoek nie, dis die woord “pa” in verskillende tale wat gesoek moet word. Ons deel die skakel na die webtuiste met julle waar dit in Engels afgelaai kan word. Ons het die ook na ‘n Afrikaanse weergawe verander. Hierdie is ‘n heerlike aktiwiteit om as gesin saam te doen.
http://www.printactivities.com/Word_Search_Puzzles/Father_Word_Search_Puzzle.html#.YG2RrugzbIV
Laai die Afrikaanse weergawe hieronder in PDF formaat af:
Vadersdag Woordsoek – ander tale
Hier is nog ‘n Vadersdag woordsoek wat ons self saamgestel het, wat jy hieronder in PDF formaat kan aflaai:
Volg die skakel hieronder na ons ander Vadersdag Hulpbronne: