Personeelkamer Opening: 37. Hy wat op die Here wag

37. groot

Hierdie is ons sewe en dertigste Personeelkamer Opening.

Hy wat op die Here wag

Het jy geweet dat daar ‘n sekere tyd in die jaar is wat die arend kragteloos raak? Waar sy pote en snawel so aangepak raak en dan vlug hy na die kranse toe, waar hy begin om sy vere uit te trek en sy snawel en pote teen die kranse skuur om sodoende al die aanpaksel af te kry wat met tyd opgebou het.

So sit die kaal arend dan daarbo en wag….hy wag vir nuwe krag en nuwe vere. Elke dag dan klap hy sy vlerke om te voel of hy al krag het….wat n gesig! ‘n Kaal arend!

So begin hy vere kry en sy kragte word meer tot op ‘n dag wat hy waag en hy weer vry in die lug begin sweef opsoek na nuwe prooi.

‘n Mooi verhaaltjie maar wat ek en jy ook in ons lewens kan toepas.

Ons raak ook aangepak in die lewe van al die laste en probleme dat ons soms kragteloos raak. Ons voel vuil en belas en wil vlug na die berge, maar Jesus het ‘n antwoord daarvoor. Hy sê: kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Waar is dié plek? In jou binnekamer. Daar kom jy naak tot stilstand voor God….waar jy jou laste afskuur en alles afpluk wat jou so belas en kragteloos maak.

En dan WAG JY……ons wil te vinnig opspring en aangaan, maar kyk na die Arend wat gewag het op nuwe vere en nuwe krag.

Die Here wil jou toerus met nuwe krag en hoop om in vryheid vir Hom te kan leef, nie in ‘n gevangenis van laste en sonde nie. Daarom sê die Here: maar dié wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die Arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle wandel en word nie mat nie.

Gebed in jou binnekamer is jou KRANSE……die plek waar jy ontmoet met jou Maker……

Maak tyd en gaan in jou binnekamer, gooi al jou laste van jou af en wag op die Here vir nuwe krag.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

37. PERSONEELKAMER OPENING – Hy wat op die Here wag

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s