Kix Kinderbediening is bedoel vir almal wie se passie dit is om die Here se kinders te help in hul geloofvorming. KiX Kinderbediening verskaf gratis volledige lesse, voorstelle vir projekte en aktiwiteite – alles om ’n professionele weekbediening aan laerskool- en voorskoolse kinders van 4-12 jaar te bied.
In hierdie eerste boek sal jy ses lesse met die volgende temas vind:
- Iets uit niks: Die Skepping
- Geskep na God se Beeld
- Die sondeval
- God is lief vir Noag
- God se spesiale belofte
- Die toring van Babel
Hierdie reeks bestaan uit 22 blaaie wat jy almal gratis by die skakel hieronder kan aflaai en print:
Click to access KIX-Boek-1-Skepping-tot-toring.pdf