AGTERGROND: Sondagskool lesse is geskryf vir Graad 7-12 kinders. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.
Wapenrusting van God:
Die Wapenrusting van God is een van ons, as kinders van God se, belangrikste toerusting, maar so min is daaroor beskikbaar. Ons het ‘n hele reeks daarvan gemaak en elke deel van die Wapenrusting afsonderlik met die kinders behandel. Ons was regtig verstom om te sien hoe die kinders hierop gereageer het, dit verstaan het, en dit geniet het. Ons het ook vir die leiers by elke deel van die wapenrusting ‘n ‘teaching’ gegee om hulle te help om dit beter te verstaan ten einde die kinders te kan help.
Wapenrusting Bootcamp:
Voordat ons met die reeks oor die Wapenrusting begin het, het ons een aand ‘n lekker ‘funaand’ daarvan gemaak en ‘n ‘bootcamp’ met die kinders gehou om die verskillende dele van die wapenrusting aan hulle bekend te stel.
Laai die les met al die hulpmiddels hieronder in PDF formaat af:
WAPENRUSTING RECAP
Die volgende week het ons die verskillende dele van die Wapenrusting ‘recap’ om seker te maak die kinders weet watter dele waar hoort. Hulle het ook die kans gekry om ‘n Wapenrusting te maak en vir ‘n vrywilliger aan te trek.
Laai die les asook die matching game hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die lesse oor die ander dele van die Wapenrusting van God:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/wapenrusting-sondagskool-lesreeks/
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagkool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/