AGTERGROND: Sondagskool lesse is geskryf vir Graad 7-12 kinders. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.
Swaard van die Gees:
Omdat die Swaard so ‘n ontsettend belangrike wapen is, en baie min kinders regtig weet hoe om dit te gebruik, het ons die swaard oor ‘n paar weke behandel en regtig by die begin met die kinders begin. Die eerste vier lesse oor die swaard het ons tydens die eksamen met die kinders gedoen so dis redelik kort, want ons het net ‘n uur Jeugsel tydens die eksamen sodat die kinders nogsteeds kan kom. Jy kan dalk van die lesse kombineer indien jy meer tyd tot jou beskikking het. Hieronder is ‘n kort indeks oor die vyf lesse.
Swaard van die Gees:
- Les 1: Inleiding
- Les 2: Algemene feite oor die Bybel
- Les 3: Ou Testament
- Les 4: Nuwe Testament
- Les 5: Hoe om jou wapen te gebruik
1. Inleiding
Hierdie les is ‘n inleiding oor die Swaard van die Gees vir die reeks oor die Wapenrusting van God, en hoe belangrik dit is, asook waar dit inpas in God se storie met die mens.
Laai Swaard van die Gees Les 1 hieronder in PDF formaat af:
LES – SWAARD VAN DIE GEES 1
Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
2. Algemene feite oor die Bybel
In hierdie les vra ons vrae soos: Hoe weet ons die Bybel is waar? Waar kom die Bybel vandaan? Wie het die Bybel aanmekaar gesit.
Laai Swaard van die Gees Les 2 hieronder in PDF formaat af:
LES – SWAARD VAN DIE GEES 2
Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
3. Ou Testament
In hierdie les kyk ons na die Ou Testament en hoe dit aanmekaar gesit is. Ons kyk spesifiek na die dele waaruit dit bestaan, sodat die kinders beter kan verstaan wat hulle lees.
Laai Swaard van die Gees Les 3 hieronder in PDF formaat af:
Ysbreker – Bybel Bingo – Beskrywings
Ysbreker – Bybel Bingo – Karakters
Die Ou Testament se boeke in die Bybel
4. Nuwe Testament
In hierdie les kyk ons na die Nuwe Testament en hoe dit aanmekaar gesit is. Ons kyk spesifiek na die dele waaruit dit bestaan, sodat die kinders beter kan verstaan wat hulle lees.
Laai Swaard van die Gees Les 4 hieronder in PDF formaat af:
Die Nuwe Testament se boeke in die Bybel
5. Hoe om jou wapen te gebruik
In hierdie les leer ons die kinders HOE om hulle wapen – Die Bybel te gebruik. Ons raak prakties en kyk watter teksverse in watter omstandighede gebruik kan word en HOE om dit dit gebruik.
Laai Swaard van die Gees Les 5 hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die lesse oor die ander dele van die Wapenrusting van God:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/wapenrusting-sondagskool-lesreeks/
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagkool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/