AGTERGROND: Sondagskool lesse is geskryf vir Graad 7-12 kinders. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.
Skild van Geloof
In hierdie les gesels ons oor wat geloof is, en dat dit partykeer moeilik is om te glo. Ons gebruik die voorbeeld van Daniël se drie vriende vir geloof. Hierdie les het ook twee baie effektiewe ysbrekers om die konsep van geloof aan die kinders te verduidelik. Ons kyk ook hoe ons juis die skild kan gebruik om ons geloof te beskerm. Die videoclips hieronder word tydens hierdie les gebruik.
Ons het probeer om die konsep van glo en vertroue aan die kinders te demonstreer deur die twee ysbrekers. Maak net ten alle tye seker dat jou kinders veilig is en nie seerkry nie. As iemand nie aan hierdie ysbrekers wou deelneem nie het ons hulle laat uitsit.
Laai die les oor die Skild van Geloof hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die lesse oor die ander dele van die Wapenrusting van God:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/wapenrusting-sondagskool-lesreeks/
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagkool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/