Fan or Follower
Nadat ons die Jeug Alpha met die kinders gedoen het, het ons beleef dat ons met die kinders na die volgende vlak moet gaan, en so getrou soos die Heilige Gees is, het Hy weereens vir ons kom wys hoe!
Fan or Follower of Not a Fan soos dit ook bekend staan het werklik die kinders kom uitdaag oor wat hulle sê hulle glo, en hoe hulle dit LEEF! Dis wonderlike materiaal om na ‘n Alpha kursus te doen. Die EPIC Leiers het weereens gehelp om dit te vertaal na Afrikaans en dit eie aan ons kinders se kultuur te maak!
fan or follower: Challenge Funaand
‘n Funaand is altyd ‘n baie effektiewe manier om ‘n nuwe lesreeks aan jou kinders voor te stel. Dit prikkel hulle belangstelling vir dit wat oppad is en stel hulle ook sommer aan die tema bekend. Omdat Fan or Follower jou uitdaag om te dink oor wat jy glo en hoe jy leef het ons die reeks afgeskop met ‘n “Challenge Funaand”.
FAN of FOLLOWER – Challenge funaand
fan or follower: Sessie 1 – Inleiding
Jesus nooi ons om Hom te volg – toe Hy die eerste dissipels geroep het, het hulle nie gewonder of hulle Hom moes volg , of ‘n lang lys van verskonings gehad van hoekom hulle Hom nie kon volg nie. Hulle het alles net so gelos en Jesus gevolg. As jy tot bekering kom, en besluit om Jesus te volg, moet jy blind word vir die jou ou lewe / die wêreld, en sekere veranderings doen om Jesus te kan volg.
FAN of FOLLOWER – Sessie 1 – Inleiding
fan or follower: Sessie 2 – DTR die verhouding
Determine the Relationship – DTR die verhouding – is jy ‘n fan van Jesus wat al die regte toerusting het en al die regte geluide maak, maar jy sit op die paviljoen en KYK hoe die ‘game’ gespeel word? Is jy ‘n fan of ‘n follower van Jesus? Die videoclip hieronder word tydens hierdie sessie gebruik.
FAN of FOLLOWER – Sessie 2 – DTR die verhouding
fan or follower: SESSIE 3 – Uitnodiging: Volg My
Enige een mag Jesus volg. Jesus sê in Lukas 9:23 ALMAL is welkom! Jy kom nes jy is met jou verlede, sonde, seer, swakheid , dwelmverslaafheid of opstandigheid niks
wat jy gedoen het kan jou skei van Jesus se liefde nie. Geen kwalifikasies is nodig nie, die wêreld kyk na rykdom, klere, van waar jy kom ens. Jesus soek net jou opregte hart wat Hom wil volg. Die videoclip hieronder word tydens hierdie sessie gebruik.
FAN of FOLLOWER – Sessie 3 – Uitnodiging volg my
fan or follower: SESSIE 4 – Kies ‘n persoonlike verhouding
Hierdie sessie gaan om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te hê en Hom die belangrikste prioriteit in jou lewe te maak. Om alle ander dinge tweede te stel, Hom te ken en Hom jou doel te maak in die lewe bo alle ander dinge. Die videoclip hieronder word tydens hierdie sessie gebruik.
FAN of FOLLOWER – Sessie 4 – Kies ‘n persoonlike verhouding
fan or follower: SESSIE 5 – Neem jou kruis op
In hierdie sessie kyk ons daarna wat dit beteken om jou kruis op te neem, dis nie ‘n maklike opdrag nie, een wat ons ALLES van ons vra. Die videoclip hieronder word tydens hierdie sessie gebruik.
FAN of FOLLOWER – Sessie 5 – Neem jou kruis op
fan or follower: SESSIE 6 – Meer as net reëls
As ek ‘n verhouding met Jesus het raak dit nie meer vir my ‘n plig/burden/chlep nie. Ek kom kerk toe, lees my Bybel, bid en kom jeugsel toe omdat dit my nader aan Jesus bring – ek leer meer van Hom – ek leer wat Hy van my wil hê – ek praat met Hom oor wat my pla. Ek kom nie die ‘reëls’ na om by Jesus uit te kom nie, maar as gevolg van my liefde vir Jesus kom ek sekere reëls na.
Die videoclip vir hierdie sessie is ongelukkig nie langer op die internet beskikbaar nie. Ons het dit nog op ons eie rekenaars, en kan probeer om dit te e-mail indien jy dit sou wou hê. Stuur vir ons jou e-pos adres by “kontak ons” dan kyk ons wat ons kan doen.
FAN of FOLLOWER – Sessie 6 – Meer as net reels
Meer as net reels – uitdeelstuk
fan or follower: SESSIE 7 – Die reis van ‘n volgeling
Hierdie sessie is ‘n hersiening van dit wat ons tot dusver geleer het, en maak seker almal verstaan waaroor dit gaan om ‘n volgeling – follower – van Jesus Christus te wees.
FAN of FOLLOWER – Sessie 7 – Die reis van ‘n volgeling
fan or follower: SESSIE 8 – Wat van die res van jou lewe?
In hierdie sessie leer ons, dat ons eers die koste moet bereken voordat ons besluit of ons ‘n volgeling – follower- van Jesus wil wees, maar ook dat die uitnodiging vir ALMAL bedoel is. Die videoclip hieronder word tydens hierdie sessie gebruik.
FAN of FOLLOWER – Sessie 8- Wat van die res van jou lewe
fan or follower – Opsomming
In hierdie laaste sessie van fan or follower doen ons ‘n opsomming van dit wat ons tydens die fan or follower reeks geleer het om seker te maak die kinders onthou en verstaan dit wat hulle geleer het.
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/