Onder die afdeling Internet Hulpbronne sal julle ‘n hele klomp ander webtuistes met gratis lesse vind. Onthou egter dat AL die lesse en materiaal op HIEDIE Blog ook GRATIS is.
Ons Blog is nog baie jonk en ons het nog nie lesse oor al die belangrike temas wat julle dalk wil gebruik nie. Ons probeer ook in ‘n groot behoefte aan gratis Afrikaanse lesse en jeugmateriaal voorsien. As julle van enige gratis Afrikaanse of ander oulike materiaal weet wat ons nog nie op hierdie Blog het nie, laat weet ons asseblief by “Kontak ons” sodat ons dit kan byvoeg.
Fxit
Is jy opsoek na gratis lesse? Gaan kyk gerus op Fxit se webtuiste. Hulle reekse is te koop, maar daar is ‘n paar voorbeeld lesse op die skakel hieronder beskikbaar. Wat baie oulik is, is dat by elke ouderdomsgroep ‘n lekker eenvoudige uiteensetting van die kenmerk van die spesifieke ouderdomsgroep is. Die reekse is ook nie duur as jy daarin belangstel om te koop nie.
Volg hierdie skakel na die webtuiste toe: http://www.fxit.co.za/Voorbeelde.aspx