AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Jesus leer ons:
In hierdie les leer die kinders dat Jesus die beste Onderwyser is en dat ons na Hom moet luister. Die verhaal waar Jesus as jong seun die mense in die tempel leer word as deel van die les gebruik.
KINDERKERK LES – Jesus leer ons
Jesus leer die manne in die tempel
Hier is die skakels vir die Ysbreker oor die geluide: onthou as jy nie ‘n projektor in jou kinderkerk het nie, dan kan jy hierdie videoclips na MP3- audioclips ‘convert’.
EKSTRA HULP:
Lambsongs.co.nz
As jy nog nie op lambsongs se webtuiste was nie dan mis jy beslis baie. Volledige Bybelverhale is geillustreer in kleur of swart en wit. Jy kan dit in ‘n groot boek of die storie op een bladsy kry. Die lesse is in pdf of publisher formaat. As jy die lesse wil vertaal dan ‘copy and paste’ jy net die prentjies na word en tik jou eie Afrikaanse storie onderaan.
http://www.lambsongs.co.nz/Bible%20Story%20new_testament.htm
Hier is die prente vir die storie oor Jesus as ‘n jong seun in die tempel soos jy op lambsongs sal vind:
When Jesus Was Twelve Big Book
When Jesus Was Twelve small B+W
Nog skakels:
Die volgende skakel het baie oulike gratis prente wat die hele verhaal van Bartimeus vertel wat jy as deel van jou les kan gebruik
http://www.freebibleimages.org/illustrations/gnpi-011-jesus-found/
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jesus-kinderkerk-lesse/