Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Bybel Speletjies Webtuistes:
Ons glo dat ons nie die enigste mense in Jeugbediening is wat gedurig opsoek is na nuwe vars idees nie. Ongelukkig is baie van die goed wat mens op die internet kry dieselfde ou goed oor en oor, en partykeer weet mens net nie meer WAT om in te tik vir nuwe vars idees nie.
Soos die van julle wat ons Blog gereeld besoek reeds weet, doen ons voor elke les ‘n ysbreker wat pas by die tema van die les. Dit werk wonderlik om die kinders geïnteresserd te kry, maar dit vat soms baie soek en bid om die regte ysbreker vir die regte les te kry.
Ons het op ‘n paar webtuistes afgekom wat oulike Bybel speletjies het wat jy vir ysbrekers vir ‘n les kan gebruik, asook vir ‘n lekker Bybelse Funaand met jou kinders.
Momjunction
http://www.momjunction.com/articles/bible-games-and-activities-for-teens_00400064/#gref
Hierdie webtuiste het 20 Bybelspeletjies vir kinders – baie van dit is bekend en dan is daar ‘n hele paar wat ons nog nie voorheen op ‘n webtuiste gesien het nie. Die speletjies fokus baie op Bybel geheueverse en interessante maniere om dit vir kinders te leer. Besoek hulle gerus as jy nog nie op hulle webtuiste was nie.
Simply-Fun-Games
http://www.simply-fun-games.com/free-bible-games.html
Hierdie is ‘n baie oulike webtuiste en beslis ‘n besoek werd! Hulle het ‘n wye verskeidenheid van Bybel speletjies beskikbaar, kyk heel bo by die ‘menu-bar’ en weer aan die einde van die bladsy. Soek bietjie rond want daar is heelwat oulike goed, maar dit kos bietjie ‘rondkrap’. Baie van hulle speletjies is rondom Bybeldele soos die “My skape ken my stem”, Koning van Egipte, “Swaard in die hand” ens.
Kids-Sunday-School
https://www.kidssundayschool.com/11/gradeschool/games.php
Baie van julle sal seker bekend wees met hierdie webtuiste. Daar is speletjies wat jy gratis kan gebruik, en dan is daar speletjies wat jy net toegang tot het as jy ‘n lid is. Daar is egter heelwat gratis speletjies wat baie oulik is om te gebruik.
Word-Game-World
http://www.word-game-world.com/printable-bible-games.html
Wat ‘n oulike webtuiste!! ‘n Absolute MOET om te besoek!! Hulle het ‘n groot verskeidenheid woordspeletjies, die enigste probleem is dat dit alles in Engles is. Die goeie nuus is egter dat ons al ‘n hele paar van die speletjies na Afrikaans vertaal het en dat julle dit onder die kategorie – Aktiwiteite – Bybelse Kopkrappers kan kry! Daar is egter heelwat meer as wat ons vertaal het.
A-Kids-Heart
http://www.akidsheart.com/bible/bible.htm
Nog ‘n webtuiste met ‘n klomp oulike Engelse woordspeletjies.
Childrens-Ministry
http://childrensministry.com/articles/list-of-bible-games/
Hierdie webtuiste het die oulikste groot verskeidenheid Bybel speletjies bymekaar – 56 in totaal! Soos Simply-Fun-Games fokus hulle speletjies baie op verskeie Bybeldele wat dit ideaal vir ‘n ysbreker voor ‘n les maak! Besoek hulle gerus – jy sal nie spyt wees nie!
Hubpages
https://hubpages.com/religion-philosophy/sunday-school-games-new-testament
Hierdie webtuiste poog om soos ons ‘n klomp hulpbronne oor ‘n spesifieke tema te soek en dit dan op een plek beskikbaar te stel. Die speletjies is in kategorieë gesorteer wat dit maklik maak om te kry wat jy soek. Hulle het ‘n lang lys aktiewe en rustige Bybel speletjies van verskeie webtuistes beskikbaar.
Churchleaders
Besoek gerus hierdie webtuiste vir ‘n hele klomp oulike Bybel speletjies rondom spesifieke Bybel onderwerpe of Bybel-dele. Beslis die moeite werd om te besoek!
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/23/speletjies-bybel-speletjies/ […]
LikeLike