AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Jesus leef
In hierdie les leer die kinders dat Jesus opgestaan het en leef. Die graf is leeg. Die verhaal van die opstanding word as deel van die les gebruik met ‘n baie praktiese demonstrasie. Die verhaal word ook op ‘n baie kreatiewe, ongewone manier vertel.
EKSTRA HULP:
Lambsongs.co.nz
As jy nog nie op lambsongs se webtuiste was nie dan mis jy beslis baie. Volledige Bybelverhale is geillustreer in kleur of swart en wit. Jy kan dit in ‘n groot boek of die storie op een bladsy kry. Die lesse is in pdf of publisher formaat. As jy die lesse wil vertaal dan ‘copy and paste’ jy net die prentjies na word en tik jou eie Afrikaanse storie onderaan.
http://www.lambsongs.co.nz/Bible%20Story%20new_testament.htm
Hier is die prente oor die opstanding van Jesus soos jy op lambsongs sal vind:
Jesus Is Alive Big Book B&W
Nog skakels:
Die volgende skakels het baie oulike gratis prente wat die hele verhaal van die opstanding vertel wat jy as deel van jou les kan gebruik
http://www.freebibleimages.org/illustrations/preschool-jesus-alive/
http://www.freebibleimages.org/illustrations/gnpi-102-appearance-mary/
http://www.freebibleimages.org/illustrations/jesus-resurrection/
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jesus-kinderkerk-lesse/