#Sleutelgedagtes: Kinders leer soos hulle leer

leerstyle - groot

Hierdie is ‘n baie interessante onderwerp en beslis iets om oor na te dink wanneer dit kom by Sondagskool, Kinderkerk en Jeug.

Ons wil tog graag hê dat ons kinders die maksimum moet leer tydens ‘n Sondagskool les of ‘n Jeugaand, maar maak ONS as leiers dit vir hulle moontlik? Elkeen van ons het ‘n dominante leerstyl (nie alle professionele persone stem egter hiermee saam nie) wat in ons aanbiedingstyle of lesse weerspieël word. Die ‘probleem’ is egter dat jy met ‘n groot groep kinders voor jou sit wat NIE jou leerstyl deel nie, en omdat jy nie hulle leerstyle akkomodeer nie ‘verloor’ jy hulle baie keer tydens ‘n les.

Onthou altyd: kinders MOET skooltoe gaan, maar kinders moet Sondagskool, Kinderkerk en Jeug toe WIL kom, en DAAROM is dit belangrik dat ons hulle so ver as moontlik moet akkomodeer sodat hulle WIL terugkom, OMDAT hulle so baie leer!

Daar is klomp materiaal oor die verskillende leerstyle beskikbaar en ons wil julle regtig uitdaag en aanraai om bietjie ‘selfondersoek’ te gaan doen. Vul ‘n vraelys in en identifiseer jou dominante leerstyl, evalueer dan jou lesse na aanleiding van jou leerstyl en kyk of jy genoeg voorsiening maak vir die ander leerstyle en nie net vir jou eie nie.

Die volgende is uittreksels uit artikels op Maroela Media – die skakels verskyn hieronder:

“Mense leer nie net teen verskillende tempo’s nie, maar ook op verskillende maniere. Daar is studente wat beter leer wanneer onderwysers alles op die bord skryf. Ander leerders verkies om te luister, terwyl ander weer daarvan hou om in groepies te sit en ʼn vraag te bespreek. Dan is daar ook leerders wat op hul beste leer as hulle sit en luister en die leerstof in die vorm van prentjies en krabbels in hul notaboeke vaslê. Hierdie individuele voorkeure word leerstyle genoem.” 

“Leerstyle word oor die algemeen in drie kategorieë opgedeel: visuele leerders, wat moet sien om te kan leer, ouditiewe leerders, wat moet hoor om te kan leer en taktiele of kinestetiese leerders, wat verkies om te leer terwyl hulle doen. Daar word beweer 65% van alle leerders is visueel, 30% ouditief en 5% kinesteties.” – http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/ouerskap/toets-so-jou-kind-se-leerstyl/

Hoe leer jou kind?

Deur jou kind se primêre leerstyl te identifiseer kan jy hom help om meer doeltreffend te leer.

Die visuele leerder

educacion_montessori_155_large

Hy verwerk nuwe inligting deur te lees of deur na prente of ’n demonstrasie te kyk. Hy begryp maklik inligting wat op ’n kaart of grafiek weergegee word, maar kan ongeduldig raak as hy na ’n verduideliking moet luister.

Visuele leerders:

  • Leer die beste deur prente, tabelle, diagramme en kaarte.
  • Kan stilsit en met blokkies speel.
  • Mag as ’n dagdromer beskryf word.
  • Onthou gesigte, maar vergeet name.
  • Verkies om gedetailleerde notas te neem.

Neem kennis: As jy iets aan hom verduidelik maak dit dalk glad nie vir hom sin nie – hy moet dit sien.

 Die ouditiewe leerder

images (2)

Hy verkies om na verduidelikings te luister eerder as om dit te lees en mag verkies om te leer deur inligting hardop te sê. Hy mag daarvan hou om met musiek in die agtergrond te studeer, of dalk word sy aandag maklik deur geluide afgetrek word, wat beteken dat hy ’n stil plekkie benodig om te leer.

Ouditiewe leerders:

  • Dink in woorde.
  • Geniet dit om stories te vertel en woordspeletjies te speel.
  • Hou van lees en behoort nie met spelling te sukkel nie.
  • Het ’n uitstekende geheue vir name, datums en nietighede.
  • Is dikwels baie musikaal.

Neem kennis: Dit mag dalk lyk asof hy nie aandag skenk as jy met hom praat nie, maar sy luistervaardighede is beter ontwikkel as sy visuele vaardighede.

Die kinetiese leerder

GirlBuildingVolcano-300x287

Hy leer deur te doen en te voel. Hy vind dit dalk moeilik om stil te sit terwyl hy leer en hy verstaan dinge beter deur die inligting neer te skryf of deur praktiese oefeninge uit te voer.

Kinetiese leerders:

  • Moet beweeg.
  • Kan nie vir lang tydperke stilsit nie.
  • Gebruik lyftaal en gebare om te kommunikeer.
  • Hou daarvan om aan dinge te raak en te voel.
  • Blink gewoonlik uit in sport.

Neem kennis: Hy mag verkeerdelik gediagnoseer word met ADHD, of hy mag as moeilikheidmaker gebrandmerk word omdat die meer tradisionele visuele en ouditiewe leerstyle nie vir hom werk nie.

Wanneer jy jou kind se primêre leerstyl ontdek het, is dit belangrik om dit te koester. Jy moet egter ook die ontwikkeling van die ander leerstyle aanmoedig sodat jou kind makliker kan aanpas in leeromgewings en -situasies wat nie noodwendig sy gekose leerstyl ondersteun nie.  http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/ouerskap/ontdek-jou-kind-se-leerstyl/

EKSTRA HULP:

Hier is so paar skakels wat jy gerus kan volg en jouself bietjie op hoogte bring van die verskillende leerstyle sodat jy die kinders in jou groepe beter kan help. Onthou ‘n mens is nooit te oud om te leer nie, en as jy ophou leer dan stagneer jy, en DIT kan ons NIE in ons Jeugbedienings bekostig nie!

http://ilslearningcorner.com/2016-02-learning-styles-one-size-fits-all-doesnt-work/

http://archive.cnx.org/contents/682473c8-54bd-4037-a8e8-c0767e31b93b@1/leerstyle

http://studywhisperersafrikaans.yolasite.com/gratis-evaluering.php

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s