AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
3. Wat ons glo – Senior
Hoe meer ons in gesprekke met kinders kom, hoe meer besef ons hoe verward hulle is oor wat die basis, die fondament van ons Christelike geloof is, maak nie saak aan watter kerkgenootskap jy behoort nie, maar wat die Bybel ons leer.
Die kinders leer van verskillende gelowe in die skool, en het ook maats van ander gelowe, en dit verwar hulle nog meer. Die Heilige Gees het ons gelei om ons kinders toe te rus in die Waarheid volgens God se Woord – ons gaan so drie lesse met die kinders doen wat handel oor Geloof. Hierdie is die derde les oor geloof.
Hierdie is ‘n BAIE kreatiewe les en gee die kinders die kans om hulleself uit te leef. Hieronder is van die You Tube video’s wat die groepe gemaak het, asook foto’s van die plakkate.
Laai die dokumente hieronder af:
Hierdie is ‘n ‘Facebook’ page oor wat die kinders glo
Hierdie is vir Instagram gemaak:
Volg die skakel hieronder na ons ander lesse oor Geloof:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/geloof/