Sjoe, hoe het hierdie jaar nie gevlieg nie! Dit voel skoon laf om iets oor Kersfees te skryf, maar dan besef mens dis beplanning tyd vir al die Kersfees-vierings wat oppad is.
Hoe nader mens aan Kersfees kom, hoe sieker begin jy op jou maag te voel as jy besef waaroor dit vir ons as kinders van God moet gaan, en wat die wêreld daarvan kom maak het. Juis om hierdie rede vier baie van ons nie meer Kersfees nie en probeer ons alles wat daarmee te doen het sover as moontlik vermy.
Ons het dit ook vir ‘n paar jaar gedoen, totdat die Heilige Gees ons kom oortuig het dat dit juis die tyd van die jaar is wat ONS – as kinders van God – ‘n verskil in die wêreld moet begin maak. In plaas van volstruis-politiek en ons koppe in die sand steek en maak of Kersfees nie bestaan nie, kan ONS vir die wêreld van God se ongelooflike liefde vertel en dit vir hulle wys.
Hierdie is die eerste van ‘n paar Blog posts oor hoe ons as Christene Kersfees anders kan maak, en dalk op daardie manier mense na Christus kan wys.
Die getuienis van die kersboom
Hierdie kersfeesherdenking is in die vorm van ‘n Jeugles geskryf. Dis egter ‘n heerlike manier om met jou kinders vir ‘n paar aande stiltetyd te doen.
Die idee rondom die ‘getuienis van die kersboom’ is dat elke iets wat jy aan jou kersboom hang ‘n betekenis rondom Jesus en Sy geboorte het. As jou gaste ‘n opmerking oor jou ‘anderste’ kersboom maak, dan gee jou dit die kans om die evangelie en Jesus se geboorte met hulle te deel.
Die versierings wat jy aan die boom hang kan jy self maak, of dit koop. Ons sluit ‘n paar idees met die skakels na die webtuistes by elke versiering in as jy dit self wil maak. As jy jonger kinders in die huis het is dit baie lekker om dit saam met hulle te maak, sodoende kry jy ook die kans om met hulle daaroor te praat terwyl julle dit maak.
Daar is nie skakels vir die volgende versierings nie, omdat dit maklik is om self te maak: LIGGIES: kan jy jou kersliggies gebruik. GESKENKIES: vuurhoutjie boksies oortrek. KRUISIE: uit twee stokkies maak, of roomysstokkies.
Jy kan selfs die beskrywings van elke versiering print, op karton plak en saam aan die boom hang vir mense om dit self te lees.
JEUG – Kersfeesherdenking – Die getuienis van die kersboom
Volg gerus die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/10/02/kersfeesherdenking-1/ […]
LikeLike