Internet Hulpbronne: NITRO: WordtoPdf – Online File Converter

Vandag wil ons julle bekendstel aan ‘n baie oulike hulpbron. Al ons gratis inligting wat ons op die Blog laai is in pdf formaat omdat die dokumente kleiner as word is en dus minder spasie vat. Dit maak dit egter moeilik wanneer jy dit wil verander en jou eie wil maak, of net van die inligting wil gebruik.

NITRO- Free online file converter

Hier is ‘n BAIE oulike, maklike, gratis manier om jou dokument na word te verander (doc) of na nog ‘n paar ander programme, sonder om ‘n program af te laai, of te betaal.

Wordtopdf is ‘n baie maklike, gebruiks vriendelike program wat jy aanlyn gebruik. Dis die enigste program wat ons met BAIE groot sukses gebruik, aangesien dit so maklik is. AL ons dokumente en prente word deur Wordtopdf ‘convert’. Jy druk op die skakel hieronder en dit neem jou direk na die program toe.

  1. Stap 1: Jy kies die dokument wat jy wil verander
  2. Stap 2: Dan kies jy na watter program jy dit wil verander (bv. pdf /doc/ppt)
  3. Stap 3: Daarna tik jy jou e-pos adres in
  4. Stap 4: Druk ‘convert’
  5. Wordtopdf stuur dan ‘n e-pos na jou ‘inbox’
  6. Jy druk op die skakel na jou dokument
  7. Wordtopdf neem jou na die skakel waar jy ‘download’ druk
  8. Dan wag jy vir die dokument om in die program van jou keuse af te laai.
  9. En SIEDAAR!!! ‘n Dokument ‘convert’ in die program van jou keuse.

https://www.wordtopdf.com/

Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s