AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
3. As sout laf geword het – Senior
Met hierdie les sluit ons die mini-reeks oor sout vir die aarde af. Ons eerste aand het ons in die vorm van ‘n funaand gehou, en ons het gekyk na die belangrikheid van sout. HOEKOM Jesus ons juis die opdrag gee om SOUT vir die aarde te wees.
In ons tweede les het ons gekyk wat dit prakties, in ons alledaagse lewe beteken om “sout vir die aarde te wees”
In hierdie les kyk ons na die laaste deel van die versie: As die sout laf geword het. Ons maak dit prakties en kyk na voorbeelde uit ons alledaagse lewens. Die kinders kry die kans om self by die antwoorde uit te kom deur middel van vrae. Dis ‘n kort, eenvoudige les met baie stof tot nadenke.
Laai die dokumente hieronder af:
JEUGLES – As sout laf geword het
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor Sout vir die Aarde:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sout-van-die-aarde-sondagskool/
Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk Lesse oor Sout vir die Aarde:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sout-vir-die-aarde-kinderkerk/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/10/25/sondagskool-les-3-as-sout-laf-geword-het-snr/ […]
LikeLike