Kersfees: Advent Kalenders

Kersfees - Advent Kalender

Ons wil vandag ‘n wonderlike ‘tool’ in julle hande gee. Hierdie is baie meer vir jou eie kinders se gebruik as vir die Sondagskool of Kinderkerk. Met goeie beplanning kan julle dit egter uitprint en betyds vir die ouers gee om met die kinders by die huis te doen.

Baie van ons het grootgeword met ‘n Advent kalender, maar dit was niks meer as ‘n mooi prentjie van Kersfees met nommertjies van 1-24  en ‘n venstertjie wat jy elke dag kon oopmaak met ‘n sjokolade daaragter nie.

AdventCalendar

HIERDIE advent kalender is soveel meer as dit, dis ‘n wonderlike geleentheid om jou kinders voor te berei vir Kersfees en hulle WERKLIK die ware betekenis daarvan op ‘n praktiese, eenvoudige manier te leer.

Kom ons begin by die begin………. wat beteken die woord Advent? Die eenvoudige, nie-tegniese verduideliking is dat Advent die vier weke voor Kersfees is waarin ons voorberei vir die koms en viering van die geboorte van Jesus.

Hoe hierdie advent kalender werk

Advent kalenders kom in baie vorms voor. Toiletrolletjies, sakkies, bokkies – teen die muur, aan die kersboom – daar is talle moontlikhede. Die vorm waarin jy dit wil doen hang totaal van jou en jou kinders af. Gaan na Pinterest, tik Advent Calendars in en jy sal tonne oulike idees kry.

b3

Jy kan dit saam met jou kinders beplan, of al die beplanning self vooraf doen en hulle net die instruksies van die kalender laat volg.

Beplanning is egter belangrik as jy dit sinvol en stresloos vir jouself wil maak. Jou kinders begin die kalender op 1 Desemeber te gebruik, en doen die laaste aktiwiteit op 24 Desember. Jy moet self besluit of jy dit in die oggend voor skool of in die aand met jou kinders wil doen.

b1

Die kalender bestaan uit ‘n Bybelversie of paar versies wat jy saam met jou kinders lees en dan ‘n aktiwiteit wat hulle moet doen. Alles is daarop gemik om hulle voor te berei vir ‘n Christusfees en NIE ‘n Kersfees nie.

b5

As jy besluit om hierdie Advent kalender te gebruik stel ons voor dat jy op 1 Desember al die toerusting vir die 24 dae gereed het om ‘n geskarrel en skiep van aktiwiteite te voorkom. Van hulle verg so bietjie meer beplanning as ander, maar dis BESLIS die moeite werd om dit met jou kinders te doen. Print gerus vir jouself ‘n ekstra stel wat jy byderhand hou om die dag voor die tyd te sien wat jy vir môre gereed moet hê.

b2

Ons het ‘n klompie templates beskikbaar om dit bietjie makliker te maak. Jy kan dit net uitprint op karton en die instruksies volg.

Jy print die pdf dokumente: Advent Kalender: Aktiwiteite en Advent Kalender: Teksverse uit en sit elke dag se aktiwiteit en teksvers in die regte genommerde houer bv. Dag 1 by nr 1 ens.

Advent Kalender 1

Hierdie Advent Kalender is vir jou groter Laerskool kinders bedoel – so van Graad 4-6.  Al die dokumente wat jy nodig het kan jy hier aflaai.

Advent Kalender 1- Aktiwiteite

Advent Kalender – Teksverse

Dag 3 – Heilige Gees

Dag 4 – Hart

Dag 5 – Jy moet Hom JESUS noem

Dag 8 – Josef en Maria oppad na Betlehem

Dag 16 – Die geboorte van Jesus

Dag 20 – Sterrekykers

Dag 22 – Die ster

Dag 23 – Smiley faces

Advent Kalender 2

Hierdie Advent Kalender is vir jou kleiner kinders – met hulp voorskool tot so Graad 3. Al die dokumente wat jy nodig het kan jy hier aflaai.

Advent Kalender 2- Aktiwiteite

Advent Kalender – Teksverse

Dag 8 – Josef en Maria oppad na Betlehem

Dag 20 – Sterrekykers

Dag 22 – Die ster

Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/

 

 

 

 

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s