Oral waar jy kom dreun en kreun die winkels onder die Kersfees-koors en raak ons Vreugdefees vlammetjie al meer geblus. Dit wat vir ons as Christene vreugde moet bring, gee ons nou net ‘n groot pyn en probeer ons al verder daarvan wegkom.
Ons sit die afgelope paar jaar glad nie eers meer Kersversierings in ons huis op nie, so erg probeer ons die Kersfees-koors vermy. Hierdie jaar het ons egter ‘n klein seuntjie in die huis vir wie ons die ware betekenis van Kersfees probeer leer en dat dit ANDERS as die wêreld se manier lyk.
Dit dwing ons hierdie jaar om weer met nuwe oë na Kersfees te begin kyk, en hoe ONS dit anders as die wêreld kan vier en hom die ware betekenis kan leer.
As jy nog nie ons Blog posts Kersfeesherdenking 1 en 2 gesien het nie, gaan kyk gerus daarna, want dis eintlik waar alles begin het!
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/10/02/kersfeesherdenking-1/
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/10/16/kersfeesherdenking-2/
Ons gaan ons Kersboom moet gaan soek, afstof en opsit sodat ons vir HOM kan leer waaroor Kersfees gaan. ‘n Verlosser wat in die vorm van ‘n klein Babatjie aarde toe gekom het, maar dat dit maar ‘n baie klein deel van die GOORT storie van ‘n GROOT God is!
Saam met die afstof van die Kersboom WEET ons gaan die volgende stap al die ander Kersfees-blikgoed wees, en DIT probeer ons vermy! Ons het so bietjie gaan rondkrap en op ‘n paar oulike ‘nativity scenes’ afgekom wat jy saam met jou kinders kan maak en in jou huis kan sit saam met jou Kersboom wat van ‘n GROOT God getuig! Onthou die idee van hierdie Blog-posts is nativity scenes wat jy saam met jou kinders kan maak!
Ons nooi jou uit om hierdie reis saam met ons aan te pak, om ons kinders van kleins af REG te leer! Gaan kyk gerus ook na ons Blogpost Kersfees: Advent Kalender – dis ‘n WONDERLIKE tool om die fondasie vir jou kinders te lê.
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/10/23/kersfees-advent-kalender/
Nativity-in-a-cookie-jar
Hierdie is ‘n pragtige, eenvoudige, kreatiewe manier om die Kersverhaal uit te beeld. Volg net die skakel hierbo en jy sal die eenvoudige instruksies op hulle webtuiste vind.
Printable-nativity
Al die prentjies is gratis op hierdie webtuiste beskikbaar om te print. Volg net die skakel hierbo na hulle webtuiste. Dis eenvoudig maar baie mooi, en weereens lekker om saam met jou kinders te maak.
Toilet-paper-tube-nativity
http://amysfreeideas.com/English/Toilet_Paper_Tube_Nativity_set.html
Hierdie nativity stel word van toilet rolletjies gemaak, dis baie oulik en lekker goedkoop, en klein handjies sal lekker daarmee kan help. Volg die skakel hierbo na die instrukies.
Die volgende toilet-rolletjie-idees is op Pinterest te vind:
Travel-size-nativity
Click to access Made-By-Joel-Travel-Size-Paper-City-Nativity-Scene-Template.pdf
As julle nie by die huis vir Kersfees is nie, dan is hierdie nativity scene ideaal! Dis groot genoeg om binne-in ‘n blikkie te pas en saam met julle te neem sonder moeite of om spasie op te neem. Jy kan ook vir elke kind hulle eie nativity scene gee en hulle kan daarmee speel. Dis ook baie oulik om as geskenkies vir ander kinders te gee.
Die eerste skakel hierbo is na die webtuiste en die tweede skakel na die pdf dokument om dit af te laai.
As jy hierdie nativity scene in gewone grootte wil aflaai, vol die volgende twee skakels vir die stal en die res van die nativity scene.
Click to access Made-by-Joel-Paper-City-Nativity-Scene-Template-Kids-Craft-1.pdf
Click to access Made-by-Joel-Paper-City-Nativity-Scene-Template-Kids-Craft-2.pdf
Nativity-story-stones
Hierdie is ‘n nativity set wat jou kinders lekker saam met jou kan doen. Al die instruksies is by die skakel hierbo beskikbaar. Jy kan dit self op die klippies teken en die kinders dit laat inkleur, of as hulle bietjie groter is kan hulle dit self teken en inkleur. Die tekeninge is lekker eenvoudig sodat jy nie nodig het om kunstig te wees om dit self te kan doen nie. Dis weereens ‘n handige stel om saam te neem as julle weggaan vir Kersfees en ook as geskenkies te maak vir ander kinders.
Crip-in-the-box
http://lestissuscolbert.blogspot.co.za/2011/12/bastelidee-fur-kinder-mit-turchen-n-21.html?m=1
Hierdie is ‘n baie oulike idee. Laat jou kinders SELF die kersverhaal teken, inkleur en uitknip en hulle eie nativity scene daarvan maak. Dis ook ‘n lieflike Kersgeskenk vir Ouma en Oupa wat altyd ‘n self-gemaakte-geskenk waardeer. Volg die skakel hierbo vir die instruksies.
Nativity-blocks
https://www.simplyfreshdesigns.com/2012/12/nativity-blocks/
Die nativity-blok-idee kan op verskeie maniere gebruik word. As jy die skakel hierbo volg kan jy die prentjies soos hierbo almal in ‘n zip-file aflaai. Jy kan dit print en jou kinders dit laat uitknip en op hout blokkies plak, of jy kan jou kinders dit self laat teken en inkleur, of op papier, inkleur en opplak, of direk op die hout.
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/01/kersfees-nativity-scenes/ […]
LikeLike