#Sleutelgedagtes: Gadgets en Gizmos

Sleutelgedagtes - Gadgets en gizmos

Vandag wil ons julle breine bietjie prikkel en julle laat ‘voorraad-opname’ doen. Die vrae wat ons vandag wil vra is:

  • Wat is in julle Jeugbediening-kas?
  • HET julle ooit ‘n kas?
  • Weet julle hoe belangrik so ‘n kas is?

images (1)

 

As jy nie mooi vestaan nie: dit is die kas met al jou hulpbronne wat jy gebruik om jou lesse mee op te kikker en na die ‘volgende vlak’ te neem, omdat jy dadelik die kinders se aandag daarmee kry.

As jy bekend is met ons Blog sal jy weet dat ons NOOIT ‘n les uitwerk of aanbied sonder ‘n ysbreker nie, en vir ysbrekers het jy hulpmiddels nodig. Vir party is dit nou net die plek waar jou ore toeslaan en jy besluit jy lees nie die nonsense verder nie……. Wag ‘n bietjie en kyk of ons jou nie vandag kan inspireer nie.

Waar begin jy as jy NIE so kas het nie??? Ons wil eintlik sê baie eenvouding – donasies van jou gemeente af. Ons het ‘n afkondiging in die kerk laat hardloop met dit wat ons eerste nodig gehad het en dit ook op die kerk se Facebook blad geadverteer en siedaar…. ‘n klomp oulike hulpbronne sonder dat dit ons ‘n sent gekos het!!

GadgetGizmoLogo

Ons Jeugbediening kaste is vol “gadgets en gizmos”, party gebruik ons BAIE en ander minder gereeld.

Hier is ons top 10 lysie met ‘must-have’ items in ons kas:

  1. Hoede
  2. Serpe
  3. 3D brille
  4. Blinddoeke
  5. Ballonne
  6. Penne
  7. Skêre
  8. Pritt
  9. Chop-sticks of sosatiestokkies
  10. Backing-borde (eksamenblok se karton agterblad – kinders gebruik dit om op te druk terwyl hulle skryf of aktiwiteite doen)

Dan is daar nog fopspene, maatbande en hoola hoops.  Ons het legkaarte, blinddoeke, lego, klei en selfs albasters en krale.  Elke item  dien ‘n doel en word met groot kreatiwiteit gebruik.  Ons het geleer om in winkels buite die boks na items te kyk en te dink hoe dit  gebruik kan word by die volgende voorwerp les.

Maar ons kaste is nie oornag gevul nie.  Dit het jare geneem en kort-kort voeg ons by.  Skenkings van speelgoed vir die jeug word met ‘n fynkam deurgegaan om te kyk vir items vir ons “Box of weird” wat allerhande wonderlike en interessante dingetjies in het.

images

Pringle houers en leë toiletrolletjies word aangedra deur gemeentelede na ‘n Facebook advertensie op ons blad dat ons ‘n Familie funaand hou en rommel benodig.  Tannies bring outydse hoede en klere vir ons dress-up kas.  En so word ons kaste voller.

Met hierdie sleutelgedagte wil ons julle graag ‘n blik in ons jeugbedieningkaste gee en ‘n paar wenke los vir hoe om dit voller te kry sonder om noodwendig honderde rande te spandeer.

Maak ‘n lysie van wat die noodsaaklikste is in jou jeugbediening kas.  Adverteer in die gemeente dat hierdie items benodig word.  Mens weet nooit wat dalk vergete in ‘n kas lê en dalk uitgegooi word nie.

maxresdefault

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s