Hierdie is die laaste week voor Kersfees en ons wil graag ‘n baie besonderse hulpbron met julle deel wat julle as gesin in hierdie laaste week saam kan doen.
Ons huis se reis na Kersfees:
Wellington Moedergemeente het ‘n “kosblik” gepak vir huisgesinne wat saam wil dink oor die dieper betekenis van Kersfees. Die kosblikke is genoem “ons huis se reis na kersfees”.
Elke kosblik bevat 4 lekker saamgesels kaarte, 4 simbole en aktiwiteit idees vir gesinne (oud en jonk) om saam te doen tydens advent of gedurende die vakansie. Enige een is welkom om die uitdeelstuk en idees te gebruik.
Die kaartjies moet uitgedruk word en een van elk in die kosblik gepak word. Voorop kan “ons huis se reis na Kersfees” kaartjie geplak word wat op kleurkarton uitgedruk word. Dit sluit die 4 saamgesels Bybelstudies en vrae in.
Die volgende simbole word ook dan in die kosblik ingepak: ‘n klippie as simbool van die familie se saamwees, ‘n pakkie saad vir week 1 (simbool vir hoop) en ‘n ballon vir week 2 (simbool vir vreugde). Daar is reeds aktiwiteit vir week 3 (vrede) en week 4 (liefde) ingesluit in die kaartjies. Ons huis se reis na Kersfees word eintlik die vier weke voor Kersfees gedoen, maar dit sal baie effektief wees om dit in die vier dae voor Kersfees te doen.
Maak die laaste week voor Kersfees sinvol vir julle as gesin met hierdie laaste hulpbron oor Kersfees. Die hulpbron is op DinkJeug by die volgende skakel beskikbaar:
http://dinkjeug.ngkerk.net/2016/12/04/ons-huis-se-reis-na-kersfees/
Die kaartjies kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:
Click to access Kersfees_Kosblik1.pdf
Click to access Kersfees_Kosblik-binne-ilovepdf-compressed.pdf
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kersfees/