AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Gebedsgeleentheid – Senior
Hierdie is die sewende les van die Senior Sondagskool lesreesks oor My identiteit in Christus.
Hierdie is ‘n baie besonderse les met so bietjie ekstra moeite, en ‘n wonderlike manier om die kinders voor te berei vir Paasfees. Hierdie les is in die vorm van ‘n gebedsgeleentheid met gebedstasies. By elke stasie hersien die kinders dit wat hulle die kwartaal geleer het, en berei dit hulle ook voor op Paasfees.
Hier is so paar foto’s van wat ons gedoen het by van die Gebedstasies:
Stasie 1: God se oneindige liefde vir ons
Stasie 2: Oortuiging van sonde
Stasie 3: Wedergeboorte
By hierdie stasie het ons ‘n skotteltjie met water en ‘n handdoek gehad wat voor ‘n kruis staan.
Stasie 4: Volkome vertroue op Jesus
Stasie 5: Toewyding aan Jesus alleen
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
SONDAGSKOOL LES – 7. Gebedsgeleentheid
7. Gebedsgeleentheid – Horlosie
7. Gebedsgeleentheid – Padteken
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-sondagskool/page/1/
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-kinderkerk/