Internet Hulpbronne: “Ons Glo” Toep

Ons glo toep

Hier is ‘n hulpbron vir die NG Kerk-Tegnologie-Generasie onder ons. Dit kan met groot sukses in Jeugbediening gebruik word as dit jou styl is.

“Ons Glo” Toep (app) gratis beskikbaar

Die “Ons Glo” toep (app) is saamgestel deur die Taakspan vir Jeug en Familiebediening in samewerking met Bybelmedia. Die toep fokus op die 5 solas van die gereformeerde teologie en kan gebruik word as deel van die reformasie 500 vieringe.

Dit toep bestaan uit 25 Bybelstudies en saam dink en doen aktiwiteite wat handel oor 25 basiese geloofstemas. Daar is ook by elke tema ‘n aktiwiteit vir gesinne met kinders, ‘n tiener fokus, asook ‘n “delf dieper” gedeelte vir verdere nadenke. Dit kan gebruik word as deel van ‘n preek reeks in gemeentes, vir kleingroepe, vir persoonlike stiltetyd, vir gesinne of vir senior kategese.

Laai die toep gratis af op die google playstore by https://play.google.com/store/apps/details?id=za.co.onsglo

Indien jy nie die toep kan aflaai nie, kan jy ook die webtuiste http://www.onsglo.co.za/ besoek.

Lees gerus meer oor die Toep (app) op DinkJeug se webtuiste by die skakel hieronder:

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/04/25/ons-glo-toep-gratis-beskikbaar/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s