Maak jou byl skerp is ‘n baie treffende storie van ‘n jong houtkapper wat baie bome op ‘n dag kon afkap, maar omdat hy nie sy byl gereeld skerpmaak nie, raak dit stomp en kap hy al minder bome per dag af.
Tema van die storie: Gebed
Gebed is ons ‘byl’, en as ons dit nie gereeld gebruik en skerpmaak nie, dan bly dit nie ‘n effektiewe wapen nie.
Maak skerp jou Byl
Eendag was daar ’n baie sterk houtkapper wat werk gesoek het by die hout handelaar. Werk was op daardie stadium maar redelik skaars gewees en die houtkapper was baie toegewyd in sy werk. Die hout handelaar het besluit om die werk aan die houtkapper te gee en die vergoeding was buitengewoon goed gewees en die werksomstandighede baie aangenaam.
Vir die redes was die houtkapper vasbeslote om aan die hout handelaar te bewys dat hy goed is in sy werk en dat hy dankbaar is vir die geleentheid wat hy hom gebied het om te werk. Die hout handelaar gee aan die houtkapper ’n baie goeie byl en neem hom na die area waar hy moet werk.
Die eerste dag het die houtkapper agtien bome gevel en bewerk sodat hulle reg is vir die verwerkings aanleg. “Geluk,” sê die hout handelaar, “dit is voorwaar ’n prestasie, hou so aan!” Baie gemotiveerd deur die hout handelaar se lof woorde, probeer die houtkapper nog harder die volgende dag, maar hy kon slegs vyftien bome vel en bewerk. Die derde dag probeer hy nog harder maar hy kon slegs tien bome vel en bewerk. Dag na dag het hy al minder en minder bome gevel.
“Ek is seker dat ek besig is om al swakker te word,” het die houtkapper by homself gedink. Hy gaan na die hout handelaar en maak verskoning vir sy werksprestasie en sê aan hom dat hy nie kan verstaan wat aangaan nie.
“Wanneer laas het jy jou byl skerp gemaak?” vra die hout handelaar.
“Skerp gemaak? Ek het nie tyd om my byl skep te maak nie. Ek was te besig om te probeer om die bome af te kap………..”
Kap jy vandag miskien nog met ’n stomp byl ?
Staan net so klein bietjie stil en neem tyd om jou byl skerp te maak.
Laai die storie hieronder in pdf formaat af:
Volg die skakel hieronder vir ons ander stories:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/stories/
Volg hierdie pragtige storie by die skakel hieronder:
http://inspirasie.blogspot.com/search?q=maak+skerp+jou+byl
Volg die skakel hieronder vir ons ander gebeds-hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/